Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Fournos-bakkery vier 30 jaar

As ek in Jan Smuts-rylaan verby die Dunkeld-sentrum ry, draai my kar sommer vanself by die parkeerterrein in, want die Fournos-bakkery lok my soos ’n magneet. Hier koop ek altyd ’n paar van hul smullekker worsrolletjies en spanakopita (filopakkies met spinasie en feta).

Mike KalogirouFoto: Fournos

Fournos het onlangs 30 jaar oud geword en ek en ’n paar ander mediamense het die voorreg gehad om saam met die direkteur en een van die stigterslede, Mike Kalogirou, ’n agter-die-skerms-toer van die kombuis te beleef.

Hier het ons gesien hoe al die lekkernye gemaak word, en Kalogirou het ons vermaak met feite en staaltjies oor wat in die kombuis gebeur.

“Ons maak daagliks duisende handgemaakte croissants, en ons gebruik ook daagliks duisende vars eiers en tonne meel!

“En Fournos verkoop meer braaihoenders as sekere hoenderrestaurante,” beduie hy terwyl ons oë rek oor die georganiseerde chaos in die kombuis.

Fournos se eerste winkel het in 1989 in Rosebank oopgemaak, en vandag is daar 22 bakkerye in Johannesburg en Pretoria waar meer as 700 mense werk.

Kalogirou is voorwaar ’n karakter en passievol oor Fournos en waarvoor dit staan.

Ná die toer het ek hom ’n paar vrae gevra:

Hoe voel dit om drie dekades te vier?

Ek kan nie glo dis al 30 jaar nie – dit voel soos gister! Om enige onderneming te begin is taai, en om die Fournos-handelsnaam op te bou was jare se harde werk. Ek het altyd 14 tot 16 uur per dag gewerk (ek werk steeds tien tot 11 uur), maar die werksomgewing is nou baie meer ontspanne en ek het ’n goeie en ervare span om my. Daar was tye wat ek wou weghardloop, en ander tye wat ek gedink het, ek is werklik gelukkig om so ver te gekom het. Dit gaan maar op en af, net soos die lewe.

Ek was gelukkig genoeg om twee ouer en meer ervare sakevennote te hê en ek is geseën met ’n vrou en familie wat my deurgaans ondersteun.

Ek is baie trots dat die meeste mense vandag weet van Fournos en dat ons produkte so hoog geag word.

Ons handelsnaam is sterk en sinoniem met gehalte, varsheid, uitstekende diens en goeie waarde. Dit is die fondasies waarop ons gebou het, en dit is steeds van krag vandag.

Wat dink jy is jul resep vir sukses?

Konsekwentheid, betroubaarheid en deursettingsvermoë, asook die besef dat ’n mens die heeltyd moet vernuwe en innoveer. As jy ná 30 jaar steeds relevant wil wees in jou veld, moet jy dié eienskappe hê.

Wat is jul grootste uitdaging?

Om die regte personeel te hê en te behou, om hoë standaarde te handhaaf wanneer dit kom by diens en produkgehalte, om altyd te innoveer en te eksperimenteer terwyl ’n mens probeer om die koste so laag as moontlik te hou.

Wat is jul drie topverkopers?

Ons maak amper 600 verskillende produkte in ons bakkerye. Daar is so baie produkte wat uitstaan, van croissants, brode en southappies tot ons bekende braaihoenders, deli-kos en slaai, tuisgemaakte gelato en sorbet dat dit moeilik is om net drie uit te sonder.

Die geregte op ons spyskaarte vir ontbyt en middagete is ook baie gewild en ons is trots daarop dat ons goeie Illy-koffie aan gaste voorsit.

Voeg julle gereeld nuwe produkte by wat julle tans bied?

Ons probeer altyd om innoverend te wees en om met nuwe produkte en geregte vorendag te kom wat inskakel by die nuutste kostendense, diëte of eetgewoontes. Ons bied nou:

  • proteïenryke brood, laekoolhidraatbrood, geaktiveerde-steenkool-brood en glutenvrye brood;
  • nuwe streng vegetariese en veganistiese geregte insluitende “wors”-rolletjies, en suikervrye, suiwelvrye, roomys met ’n plantbasis; en
  • maklike geriefsmaaltye waarmee jy gaste kan bederf, spesiaal vir die feestyd.
Meer oor:  Fournos  |  Mike Kalogirou  |  Restaurante  |  Bakkery  |  Kos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.