Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Franschhoek weer SA se beste

Met die hoogste punte van al die ingeskrewe wyne het Holden Manz vanjaar weggestap met die Cobie van Oort Cabernet Franc-trofee in die 2021 Cabernet Franc-uitdaging.

Die Holden Manz Cabernet Franc 2016 is ingeskryf in die kategorie vir ouer oesjare, maar het die hoogste punt van al 43 deelnemende wyne aan die kompetisie gekry en is daarom met die trofee vereer.

Dié trofee is verlede jaar vir die eerste keer aan ’n algehele wenner gegee om die nalatenskap van Cobie van Oort, van CVO Marketing, te vier. Sy het in 2016 gehelp om die Cabernet Franc-uitdaging te begin en is verlede jaar skielik dood.

Dit is die tweede jaar dat die algehele wenwyn van Franschhoek kom, met My Wyn wat verlede jaar die trofee gekry het.

Benewens die algehele wenner met die meeste punte word in elke kategorie goue medaljes toegeken waaruit die beste gekies word.

Al die pryswenners in die 2021-uitdaging met sertifikate in die onderskeie kategorieë. Voor van links is Annamarie Fourie (Holden Manz), Lisha Nelson (Nelsons Creek) en David van Niekerk (High Constantia). Agter van links staan Neil Strydom (Marklew), Dani Brown (Landskroon), Thierry Haberer (Holden Manz), Gerard Holden (Holden Manz), Neil Stevens (Rietvallei), Toit Wessels (Ridgeback) en Francois Malan (Rainbow’s End).

In die algemene kategorie, wat die meeste inskrywings gehad het, word ’n topses aangewys en in die versnit-kategorie word die topdrie gekies.

Daar is ook ’n algehele wenner in die kategorieë vir die ouer oesjare én vir die wyne wat die beste waarde bied.

Vanjaar is 28 wyne met goue medaljes in al die kategorieë vereer, wat beteken 65% van die ingeskrewe wyne is met goud vereer.

Volgens Christine Rudman, wat die voorsitter van die beoordelaarspaneel was, was daar vanjaar minder kruiesmake as vorige jare en was die paneel veral beïndruk met die ouer oesjare, wat die druifsoort se verouderingspotensiaal wys.

“Die beste wyne het balans, elegansie, buigsaamheid en kompleksiteit gehad, die vrug goed gewys en tersiêre parfuum en geure van viooltjies en grafiet (potlood) gehad,” sê Rudman.

Björn van Oort (links) van CVO Marketing, organiseerder van die Cab Franc-uitdaging, en Gerald Holden van Holden Manz met die Cobie van Oort Cabernet Franc-trofee vir die cabernet franc met die hoogste punte.

Sy sê verder dat die gebruik van hout in harmonie was en die ruggraat vir die smake en veroudering verleen het.

Volgens haar was die paneel ook veral beïndruk met die drie wyne in die ouer-oesjaar-kategorie (2013 tot 2016) wat bewys het dat cabernet franc verouderingspotensiaal het.

Vanjaar het minder kelders ingeskryf weens ’n tekort aan wynvoorraad, maar die beoordelaars meen die kwaliteit en konsekwentheid van die wyne word jaarliks beter.

Die 43 inskrywings het gekom van Stellenbosch, die Paarl, Franschhoek, Robertson, Darling, Elgin, Constantia, Durbanville, Wellington en die kus.

Die groot cab franc-wenners vir 2021

Die wenners in die verskillende kategorieë is as volg (almal in alfabetiese volgorde):

Cobie van Oort Cabernet Franc-trofee vir wyn met hoogste punte

* Holden Manz Cabernet Franc 2016

Die topses-enkeldruifsoort- wyne

* Marklew Cabernet Franc 2019

* Nelson’s Creek Cabernet Franc 2020

* Rainbow’s End Cabernet Franc 2019

* Rainbow’s End Limited Release Cabernet Franc 2019

* Ridgeback Cabernet Franc 2019

* Rietvallei JMB Cabernet Franc 2016

Ouer-oesjaar-wenner

* Holden Manz Cabernet Franc 2016

Topdrie-versnitwyne

* High Constantia Sebastiaan 2009

* Landskroon Cabernet Franc Merlot 2019

* Ridgeback Journey 2018

Beste-waarde-wenner

Nelson’s Creek Cabernet Franc 2020

Ander goue medaljes

* Anthology Cabernet Franc 2018

* De Meye Cabernet Franc 2019

* Hillcrest Saartjie Single Vineyard Collection Cabernet Franc 2019

* Hogan Mirror for the Sun Cabernet Franc 2019

* Holden Manz Cabernet Franc 2017

* Jordan Cabernet Franc 2019

* Le Pommier Angle Peur Cabernet Franc 2019

* Lisha Nelson Cabernet Franc 2019

* Raats Dolomite Cabernet Franc 2018

* Raats Family Cabernet Franc 2017

* Raats Family Cabernet Franc 2018

* Ridgeback Cabernet Franc 2018

* Vrede en Lust Artisan Range Cabernet Franc 2017

* Whalehaven Cabernet Franc 2014

Ouer-oesjare- goue medaljes

* Ondine Cabernet Franc 2013

* Whalehaven Cabernet Franc 2013

Versnit- goue medalje

* Longridge Ekliptika 2017

Meer oor:  Franschhoek  |  Kompetisie  |  Wyn  |  Wenners  |  Medlajes  |  Oesjaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.