Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Fudge en vinnige én stadige boontjiesop

Musikante, soos Tobi Jooste en Martin Lane, is ook nie die staat van inperking gespaar nie. Net soos baie van hul aanhangers kry hulle ook die staat van inperking verby deur agter die kospotte in te spring. Al twee die kunstenaars het op Overvaal Stereo van Beeld se kookboek-kompetisie gehoor en hul resepte ingeskryf.

Tobi Jooste het sy pligte as “oom Tobi” nagekom toe hy vir sy broerskind, Pieter Willem, fudge gemaak het op die kleinding se verjaardag.

Jooste het sy pligte as “oom Tobi” nagekom toe hy vir sy broer se kind, Pieter Willem, fudge gemaak het op die kleinding se verjaardag. “Die kenners moet maar hul oordeel fel, maar my resep is so maklik, dis sonde.” Jooste se resep is in die nagereg-kategorie ingeskryf en het net vier bestanddele: versiersuiker, botter, kondensmelk en vanieljegeursel.

Lane is danksy sy resepte gereed om die koue wintersdae te trotseer.

Hy het sy outydse boontjie­sopresep ingeskryf vir diegene wat meer tyd het en moeite wil doen.

Hy het egter ook ’n resep ingeskryf vir ’n geurige, vinnige bootjiesop.

Martin Lane het sy outydse boontjiesopresep ingeskryf vir diegene wat meer tyd het en moeite wil doen.

“Checkers en sommige ander afdelingswinkels verkoop in die wintermaande ’n vars boontjiepakkie wat reeds ’n verskeidenheid groente bevat.” Lane kook die mengsel saam met sopbene, sout en peper, beesvleisaftreksel, naeltjies en water en ná net 90 minute het hy heerlike groentesop wat, volgens hom, veral lekker is as dit met brood en sjerrie, rooiwyn of glühwein bedien word.

Jy kan, net soos Jooste en Lane, jou gunsteling-inperking-resepte inskryf vir Beeld se kookboek-kompetisie deur ’n e-pos te stuur na kompetisie@beeld. com. Heg jou resep, die stories of staaltjies wat jou resep spesiaal maak en ’n aksie-kombuis-foto van jouself aan die e-pos aan.

Die tien kategorieë en die bepalings en voorwaardes is op Beeld se Facebook-blad beskikbaar. Inskrywings is oop tot 31 Julie 2020 en daar is kontantpryse op die spel.

Meer oor:  Martin Lane  |  Kookboek-Kompetisie  |  Beeld  |  Tobie Jooste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.