Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Gemmer geheim vir Esmé se wildsvleis-schnitzel
Esmé von Reiche

Met die verslapping van die inperkingsregulasies het die jagseisoen weer oopgemaak en jagters ’n sug van verligting geslaak.

Dit is juis met dié verwikkeling in gedagte dat Esmé von Reiche haar resep vir Beeld se kookboek-kompetisie ingeskryf het. “Die jagters moet die rugfilette uitsny vir schnitzels . . . die boude kan biltong en boerewors word,” gee Von Reiche raad.

Von Reiche wéét hoe om ’n heerlike wildsvleis-schnitzel te maak. Haar resep spruit uit jare se ervaring op hul plaas naby Alldays in Limpopo.

“Veral in die winter het ons baie besoekers soos rooibokke en bosbokke wat nie die sappige groen lusern kan weerstaan nie. Ons skiet soms vir die pot ’n vleisie en ek deps altyd die filette vir my signature-gereg.”

Die “geheim” van Von Reiche se heerlike wildsvleis-schnitzel is jare gelede in haar oor gefluister.

“ ’n Gifsmous het my die truuk van gemmer geleer. Moenie skaam wees met die gemmer nie, dit sal jou hele uitkyk oor wildsvleisgeregte verander.”

Von Reiche se resep is in die wildsvleis-kategorie van die kookboek-kompetisie ingeskryf. Die ander kategorieë is vis, hoender, vleis, gebak, braai, nagereg en drankies, vegetaries, bykosse en ligte etes.

Jy kan, net soos Von Reiche, jou geheime uit die kombuis met ons deel en in die proses dalk ’n kontantprys losslaan en jou plek in die kookboek Komkommertyd verseker. Stuur jou resep, die stories en herinneringe aan die resep en ’n kombuis-aksiefoto van jouself na kompetisie@beeld.com.

Die inskrywings sluit op 1 Julie en teen 4 Julie sal die wenners van die beste inperking-resepte aangekondig word.

  • Besoek Beeld se Facebook-blad vir meer inligting.
Meer oor:  Esmé Von Reiche  |  Kookboek-Kompetisie  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.