Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Geniet heerlike skemerkelkies met jou braai
Maak gesellige dae interessant deur verskillende skemerkelkies met jou geliefdes uit te toets! Foto: ISTOCK

Wat is ’n braai nou sonder ’n heerlike drankie daarby? Tasneem van Rooyen lys skemerkelkie-idees wat jy saam met jou braaivleis kan geniet.

As die heerlike warm weer aanbreek, is dit asof jou liggaam smag na geselligheid wat natuurlik die beste kosse (soos braaivleis) en drankies insluit. Hoewel rooiwyn in die meeste gevalle voorkeur geniet saam met rooivleis, is daar min dinge so verkwikkend soos ’n lekker koue skemerkelkie op ’n warm somersdag!

Volgens Regardt Jansen, algemene bestuurder by die gesinsrestaurant, Jackson and Black in Tygervallei, bly die ’n mojito en ’n martini maar wenners onder kliënte en kan jy dus nie verkeerd gaan hiermee nie. “Buiten die klassieke skemerkelkies waaraan ons gewoond is, is enige jenewer-drankie ’n wenner. Dit is ook wat die meeste aangevra word hier by ons restaurant,” sê hy.

Hier is ’n paar van Regardt se skemerkelkie-resepte wat jy gerus kan uittoets:

Mojito

  • Wit rum
  • Lemmetjiesap
  • Kruisement
  • Soda
  • Versoeter (fyn suiker is tradisioneel maar stroop kan ook gebruik word)
  • Ysblokkies

Pink Bombay-drankie

  • Dubbele jenewer
  • Pienk kinawater (tonic)
  • Vars aarbeie

Margarita

  • Tequila (20 ml)
  • Lemoenlikeur (5 ml)
  • Vars uitgedrukte lemmetjiesap
  • Ysblokkies
  • Opgesnyde lemmetjie

Jenewer-en-sap-drankie

  • Dubbele jenewer
  • Vars pomelosap
  • Lemoensap
  • Vars opgesnyde lemmetjie

New Orleans Shuffle-drankie

  • Dubbele jenewer
  • Kinawater
  • Bitters en vars opgesnyde lemmetjie

Martini

  • Jenewer (40ml)
  • Droë vermoet (10 ml)
  • Ysblokkies (wat ferm is en nie besig is om te smelt nie, anders gaan dit die drankie afwater)
  • Organiese lemmetjie of olywe

Ultimate Bombay-drankie

  • Dubbele jenewer
  • Kinawater
  • Vars opgesnyde lemmetjie

Pomelo-en-basiliekruid-drankie

  • Dubbele Jenewer
  • Kinawater
  • Vars pomelosap
  • Vars basiliekruid

Grapefruit Gin Cooler-drankie

  • Jenewer
  • Pomeloskyfie
  • Roosmaryn
  • ’n Titseltjie soda en Red Bull (suikervry)

Old Fashioned-drankie

Vir diegene wat hou van sterker en donkerder drank, kan Farryl Purkiss, opgeleide skemerkelkiemaker by The House of Machines se klassieke Old Fashioned-drankie gemaak word. Dié drankie dateer terug na 1803 en is ook ’n topverkoper by The House of Machines.

Dit bestaan uit:

  • Amerikaanse whiskey (50 ml)
  • Angostura-bitters
  • Groot blok ys (maak seker jy sit dit eerste in die glas)
  • Esdoringstroop
  • Lemoenskil
  • ’n Stukkie eikehout om te brand (opsioneel)
  • ’n Brûlée-brander as jy die eikehout gaan gebruik
Meer oor:  Erfenisdag  |  Erfenis  |  Drankies  |  Braaidag2020  |  Braaidag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.