Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Geniet jou vonkel en borrels, sonder die spyt

Indien jy ook nou een van daardie deugsame mense is wat met ’n helder glinster in hul oë by die nugterheidsbeweging aangesluit het, sal Van Loveren se nuwe nie-alkoholiese vonkelwyn jou nog ’n rede vir ’n vonkel in die oog (en jou wynglas) bied.

.
.

As jy die wyntrein vir die waterkar ingeruil het, of dié feestyd gesonder keuses wil maak, teug gerus aan ’n glasie Van Loveren Absolute Zero.

Absolute Zero is ’n alkoholvrye vonkelwyn, met vars aromas van tropiese vrugte en talmende sitrus, en ’n goeie plaasvervanger vir droë vonkelwyn.

Die effense soeter Absolute Nectar het geure van heuning, nougat en talmende tropiese vrugte.

Bedien dit saam met vars uitgedrukte lemoensap saam met ’n noen-ontbyt – mimosas was nog nooit so heilsaam of lekker nie.

Nie net is dit sag op die babelas nie, dis sag op die heupe ook – ’n 750 ml-bottel Absolute Zero bevat sowat 150 kJ’s. Vergelyk dit met ’n kannetjie kinawater (390 kJ, en dis nog voor die skeut jenewer bykom) en daar is nie twyfel oor wat jy dié Desember sonder enige skuld of spyt langs die swembad gaan geniet nie.

Jy kan die wyn aanlyn bestel by www.vanloveren.co.za teen R600 per kis. Dit is ook van vandeesweek in die winkels beskikbaar teen ’n voorgestelde prys van R100.

Besoek www.vanloveren.co.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.