Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Gerookte hoender neem slegs 20 minute!
Lê die roker uit met foelie. Foto: Belinda Jackson

“Al wat jy nodig het, is ’n roker. Dié kan jy koop by uitgesoekte winkels wat braaigereedskap verskaf, of beter nog, laat vir jou een maak. As jy gelukkig is soos ek, gebruik jy ’n erfstuk wat jou man by sy pa as geskenk ontvang het en wat Erfenisdag nog meer spesiaal maak,” sê Jemima Abrahams, wie se man, Kevin, haar in Januarie vanjaar ontval het.

Sy deel haar maklike gerookte hoenderresep. Die hele proses, van voorbereiding tot gaar, neem slegs sowat 40 minute!

Jemima Abrahams wys hoe die saagsels gestrooi word. Foto: Belinda Jackson
Die rou, gemarineerde hoender word bo-op die roker se rooster geplaas. Foto: Belinda Jackson
Die brandspiritus word versigtig oor die watte in die laaitjie gegiet en dan net so versigtig aan die brand gesteek. Foto: Belinda Jackson
Die bewys van die gaar hoender lê in die proe. Geurig gerook en sappig! Foto: Belinda Jackson

Gerookte hoender

(Genoeg vir agt mense)

Benodigdhede:

  • 2 heel hoenders, met hoenderspesery besprinkel
  • 1 roker
  • foelie
  • ’n botteltjie brandspiritus
  • saagsels

Metode:

Bedek die binnekant van die rokerbak met foelie.

Sprinkel twee handevol saagsels bo-oor die foelie.

Plaas die roker se rooster bo-oor die saagsels.

Lê die twee hoenders langs mekaar bo-op die rooster en maak die deksel toe.

Giet brandspiritus oor die watte in die wattelaaitjie.

Plaas die laaitjie terug in sy gleuf met die helfte wat uitsteek. Steek dit versigtig aan die brand, en stoot die laaitjie heeltemal in.

Laat die roker met hoender op sy eie voortstoom vir so 20 minute. Jou hoender is gaar!

Laat die roker effens afkoel voordat jy die gaar hoender uithaal om te keer dat jy brand.

Geniet dit met bykosse!

Meer oor:  Erfenisdag  |  Erfenis  |  Hoender  |  Rook  |  Braaidag2020  |  Braaidag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.