Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Groot Constantia open sy skatkis

Groot Constantia, Suid-Afrika se oudste wynproduserende landgoed, het aangekondig dat hy sy Vintage Vault gaan oopmaak en beperkte hoeveelhede van die skaarsste en beste wyne in die land beskikbaar gaan maak om gekoop te word.

Die Vintage Vault by Groot Constantia is gehuisves in ondergrondse sementtenks wat oorspronklik in die 1940’s gebou is en gebruik is om wyn te maak. Dit is daarna in ’n bergingskelder omskep wat ideale, konstante temperatuur en humiditeit bied vir die berging en veroudering van wyne.

Deur die jare heen is dié skatkamer gevul met van die skaarsste en mees gewaardeerde wynbou-meesterwerke ter wêreld. ’n Voorbeeld hiervan is die Groot Constantia Chardonnay 2013, wat in 2015 die toekenning vir die beste Chardonnay in die wêreld ver­ower het asook ’n paar bottels van die veelbekroonde Sauvignon Blanc wat in 2020 as die beste in die wêreld aangewys is by die International Wine Challenge – een van die toonaangewendste wynkompetisies waarin die beste wyne wêreldwyd aangewys word.

Beperkte hoeveelhede van die skaarsste en beste wyne in die land is eersdaags by die Groot Constantia-landgoed se Vintage Vault beskikbaar. Foto: VERSKAF

Ander buitengewoon skaars wyne wat in die Vintage Vault geberg word, sluit in Groot Constantia se ikoniese Grand Constance-wyn wat in 1821 geproduseer is (net een bottel, die oudste wat hier geberg word), J.P. Cloete se Pontac-wyn wat in 1855 op die internasionale tentoonstelling in Parys geprys is, asook ’n paar bottels wyn wat vir die hertog van Northumberland vervaardig is.

Alhoewel hierdie spesifieke historiese wyne nie te koop aangebied word nie, sê Jean Naudé, uitvoerende hoof van Groot Constantia, dat klein hoeveelhede van Groot Constantia se oesjare wat vanaf 2002 geproduseer is, by die landgoed in ’n spesiaal vervaardigde Vintage Vault-boks beskikbaar gemaak gaan word.

“Die meeste mense weet nie dat ons hierdie ondergrondse Vintage Vault het nie, wat soos ’n reis terug in die tyd is, wat ’n blik bied op die wyne wat deur die jare by Groot Constantia geproduseer is. Groot Constantia het oor dekades heen ’n gedeelte van elke oesjaar gestoor vir ons eie verwysing en rekords. Vanaf 2002 het ons genoeg hoeveelhede begin opberg om ’n klein hoeveelheid aan die publiek beskikbaar te stel.

“Die bekendstelling van hierdie gebou en die deel van die wyne met wynliefhebbers is deel van ons missie by Groot Constantia om die nalatenskap van die Suid-Afrikaanse wynbedryf te bewaar en te deel,” sê Naudé.

“Groot Constantia is ’n provinsiale erfenisgebied en ’n lewende museum. Die landgoed is in werklikheid die geboorteplek van die wynbedryf in Suid-Afrika en ons Vintage Vault is die produk van hierdie geskiedenis – die wyne wat hier geberg word, vertel die geskiedenis van ons wyne deur die eeue heen en ons nooi die publiek om dit met ons te deel.”

  • Die beperkte Vintage Vault-wyne is by die Groot Constantia-landgoed beskikbaar. Kontak Groot Constantia vir meer inligting by sales@grootconstantia.co.za.
Meer oor:  Wyn  |  Wynbedryf  |  Landbou  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.