Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Hermanus is ons eie ‘Stad van Gastronomie’!
Hermanus is verlede week deur Unesco as ’n “Stad van Gastronomie” aangewys. Foto: Verskaf

Darryl David en sy komitee glimlag van oor tot oor – die bod om erkenning vir Hermanus as “Stad van Gastronomie” te verkry, is verlede week deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) aangewys.

Die eer is aan 66 stede wêreldwyd toegeken – slegs tien is vir gastronomie.

“Dit was met groot trots dat ek die nuus ontvang het dat Hermanus die eerste stad is – nie net in Suid-Afrika nie, maar die hele Afrika – wat as ‘Stad van Gastronomie’ aangewys is,” sê David.

“Dit is erkenning vir die hele Overstrand-munisipaliteit, wat Hawston, Pringlebaai, Rooiels, Stanford, Bettysbaai en Kleinmond insluit.

“Ons is dankbaar vir die entoesiastiese ondersteuning van die burgemeester, en veral vir die voordele wat dié erkenning vir die Overstrand-munisipaliteit gaan beteken.”

David glo dat Hermanus een van die “fantastiese klein stede” op aarde is en wil graag hê dat besoekers van wyd en syd die natuurskoon en uitstekende kos en wyn van hierdie gebied moet geniet.

Ter ere van Wêreldstededag wat jaarliks op 31 Oktober gevier word, het die Unesco Creativ­e Cities Network dié 66 stede in verskillende vak­gebiede vereer, onder meer musiek, literatuur, digitale kuns, argitektuur, ontwerp, volkskuns en gastronomie.

Audrey Azoulay, direkteur-generaal van Unesco, sê oral ter wêreld maak dié stede kultuur die pilaar waarop hulle hul ontwikkelingstrategie bou.

“Dit bevoordeel politieke en sosiale innovasie en is veral belangrik vir die jonger geslag. Dié stede bou hul ontwikkeling op kreatiwiteit in ’n verskeidenheid van vakgebiede.”

Dit gaan oor volhoubaarheid en die ondersteuning van soveel toegewyde mense wat hier woon en werk.

Almal deel hul vreugde

Carolyn Martin van Creation Wines in Hermanus is oorstelp en verduidelik dat die erkenning die omgewing en ál die uitsonderlike produkte van die omgewing vier.

“Dit gaan oor volhoubaarheid en die ondersteuning van soveel toegewyde mense wat hier woon en werk: van die vissermanne, die kaas­makers en die graan-, bees- en groenteboere tot die wynprodusente, biermakers, blomboere en natuurlik ons restaurante wat van hierdie plaas­like produkte gebruik maak. Die produkte maak ’n groot impak op die plaaslike ekonomie op ’n positiewe en volhoubare manier.”

Dit is presies waaroor die Unesco Creative Cities Network gaan: idees en innovasie om volhoubare ontwikkelingsdoelstellings daar te stel en toe te pas wat die plaaslike gemeenskap bevoordeel.

“Hierdie erkenning – as ’n samesmelting van gastronomiese gehalte, volhoubaarheid en kreatiwiteit – is nie net goed vir Hermanus nie, maar ’n wen vir die hele Cape Whale Coast Tourism en almal wat op die plase werk, die wyne maak, die potte roer en die bord kos voor besoekers neersit – ons kokke, wynmakers, bierbrouers en boere,” sê Frieda Lloyd, die bestuurder van Cape Whale Coast Tourism.

Shane Savage, sjef van La Pentola, is veral opgewonde en trots om deel te wees van die besonderse erkenning: “Deur ons passie en innovasie verskaf ons diens, kos en drank terwyl ons die omgewing beskerm en respekteer en ons omgewing se oorvloed volhoubaar gebruik. Dit is ’n gekombineerde poging deur ons gemeenskap om ’n wêreldgehalte- gastronomiese bestemming te wees.”

Meer oor:  Stad Van Gastronomie  |  Unesco  |  Darryl David  |  Hermanus  |  Vakansie  |  Versnit  |  Reis  |  Kos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.