Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Hier’s lekker idees vir jou plankiebraai
Vleise soos steak en ribbetjies is ideaal om in repies opgesny te word as deel van jou plankiebraai. Foto: Ruan Bekker

As jy al uitgekuier is met die manier hoe jy jou braai aanbied, dan is die plankiebraai ’n nuwe idee om jou braai nuwe lewe te gee.

Die plankiebraai, waar jy verskillende kosse stuk vir stuk soos peuselhappies bedien of jou gaste iets vir die kole saambring en dan op ’n houtplank bedien, is deesdae baie gewild.

Ruan Bekker van Crown National en medeaanbieder van die program Kuier om die Braai op Jou Stasie saam met die sanger Rooies, sê ’n plankiebraai is verskillende soorte kosse wat jy braai en op ’n houtplankie bedien.

“Dit is soos die klein broodjies en pasteie wat by ’n begrafnis bedien word. Natuurlik is dit elke persoon se keuse wat hy of sy wil braai wanneer hulle ’n plankiebraai oorweeg.”

Daar is verskeie kosse wat perfek in repies of stuk vir stuk sal werk vir ’n plankiebraai.

Minibraaibroodjies of broodrolletjies met wors en sampioene wat op die vuur gebraai is, is ook ’n opsies en kan ideaal wees vir kinders. Foto: Ruan Bekker

“Plankiesteak is baie gewild maar so ook hoendervlerkies, varkrepies, mini- braaibroodjies sowel as ietsie soets.

“Die beste manier om dit voor te sit, is om vir jou gaste ’n plankie te gee. Hulle kan dan enige happie inskep en peusel soos hulle wil. Bedien jou disse met verskillende soorte souse wat in klein bakkies op die tafel voorgesit word,” sê Ruan.

Hy meen die kosse vir die plankiebraai moet verkieslik op die vuur gemaak word en die samesyn maak dit net nog lekkerder.

“Op Erfenisdag oftewel Nasionale Braaidag wil ’n mens om die vure staan en letterlik braai. Indien jy net steak braai, is jou vuurtjie na ’n

halfuur geblus. Dis net soveel geselliger om verskillende proteïne op die vuurtjie te sien wat die dag net meer spesiaal en gesellig maak.” 

Jy kan selfs skyfies met jou plankiesteak bedien as ’n heerlike dis. Foto: Ruan Bekker
Steak in repies gesny op ’n plankie is baie gewild en saam met ’n lekker sousie is dit die kersie op die koek. Foto: Ruan Bekker
Selfs nagereg kan as deel van jou plankiebraai bedien word. Foto: Ruan Bekker
Meer oor:  Erfenisdag  |  Erfenis  |  Braai  |  Braaidag2020  |  Braaidag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.