Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Hou só ’n troeteldiervriendelike braai

As jy een van daardie gelukkige mense is wie se vriende ook lief vir diere is, sal jy weet hoe gesellig dit is om saam met jou bestes en vierpootkinders langs die braaivleisvuur te kuier.

Wees versigtig oor watter kos jy jou troeteldier van die rooster af voer. Bene, vetterige vleis en marinades is glad nie goed vir hul gestel nie. Foto: iStock

Hou egter jou oë wyd oop vir enigiets wat vir jou wollerige braaimaats ’n gevaar kan inhou!

Pet Hero, ’n aanlynverskaffer van troeteldierprodukte, en troeteldierkosvervaardigers Hills en Nutrena, deel die volgende wenke:

  • ’n Besige stert kan groot skade aanrig, hou dus glase en ander goed wat kan breek uit die pad uit.
  • Partytjiekos is nie geskik vir diere nie. Hou enige kos en drank buite hul bereik, want jy wil nie hê jou hond of kat moet die volgende dag met ’n loopmagie sukkel nie. As jy nie wil hê jou gaste moet jou diere voer nie, noem dit aan hulle. Alkohol, mielies en bene is veral gevaarlik. Gekruide, vetterige kosse kan inflammasie van die pankreas veroorsaak, wat dodelik kan wees. Sjokolade is ook giftig vir honde, terwyl druiwe en rosyne nierversaking kan veroorsaak. Moet ook liefs nie vir jou hond uie of knoffel ingee nie.
  • Moenie sosatiestokkies, foelie of plastiekverpakking laat rondlê nie. Jou hond kan dalk dink dis ’n lekker happie en dit insluk. ’n Verstopping of skade aan sy ingewande kan veroorsaak dat jy vir ’n operasie moet opdok.
  • Moenie van die warm braairooster vergeet nie – dit kan lelik seermaak!
  • Sit jou voet neer: Leer jou diere om nie kos van die rooster af te gaps nie. Indien jou hond byvoorbeeld ’n vuurwarm worsie heel insluk, kan dit maagswere en dehidrasie veroorsaak.
  • Hou jou troeteldiere weg van insekmiddels, sitronellakerse, kunsmis, plaagdoders, onkruiddoders en rotgif, aangesien dit ook giftig vir troeteldiere is.
  • Moenie jou diere gaar bene voer nie, al lyk hulle hoe lus daarvoor. Jou troeteldier kan daaraan verstik. Gaar bene splinter ook maklik en kan gate in die spysverteringskanaal veroorsaak of daar vassteek.
  • Maak seker jou hond gaan loop nie op sy eie rond nie. Partytjies kan bedrywig raak en diere kan dan maklik ongesiens uit jou erf glip. Sorg dat hulle altyd ’n halsband met ’n naamplaatjie dra of ’n mikroskyfie het. Indien jou troeteldiere ongemaklik of bang lyk, neem hulle na ’n stil kamer in die huis om te bedaar.
  • Vermy eerder vuurwerke. Die geraas maak diere bang en die vuurwerke kan hulle per ongeluk brand.
  • Laastens, maak seker dat kinders altyd onder die toesig van ’n volwassene is wanneer daar troeteldiere in die omtrek is. Diere skrik vir vinnige bewegings en kan dalk aggressief raak sonder om dit te bedoel.
Meer oor:  Erfenisdag  |  Erfenis  |  Braai  |  Troeteldier  |  Braaidag2020  |  Braaidag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.