Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Hy staan ’n eeu se spore vol

In die 100 jaar wat daar wyn gemaak word op die Alto-wynlandgoed by Stellenbosch was daar nog net vyf wynmakers. En twee keer al het ’n seun by sy pa oorgeneem, soos ook in die geval van Bertho van der Westhuizen (39), wat op 1 Mei 2015 sy pa, Schalk, opgevolg het.

Bertho van der Westhuizen is die vyfde wynmaker in die plaas se eeu van wynmaak.

Bertho vertel meer oor die afgelope eeu.

Honderd jaar klink nogal jonk vir ’n plek in die Kaapse Wynland?

Daar’s reeds in die 1600’s op die plaas met vrugte en groente geboer. 1693 is die datum wat op die plaas se titelakte staan (dis ook die datum op Alto se wynbottels).

In 1919 is die wingerde geplant en in 1921 is die kelder gebou. Dis dus vanjaar honderd jaar sedert ons kommersieel begin wyn produseer het.

Van wanneer af is jy op die plaas?

Ek het in die jaar 2000, toe ek 20 jaar oud was, hier aangekom. Dis toe my pa die wynmaker geword het. Die eerste oesjaar wat ek help pars het, was 2003.

Daarna was ek ’n bietjie oorsee en het by Citrusdal op ’n plaas gewerk, voordat ek in 2015 op Alto begin werk het.

Hoe sal jy jul wynplaas beskryf?

Dis ’n rooiwynplaas. Waar ons geleë is, is dit veral goed vir cabernet sauvignon.

Die eerste bottel Cabernet Sauvignon is in 1965 gemaak.

Wat sou jy sê is jul beste wyn van die afgelope eeu?

Die Alto Rouge. Wanneer mense vra waar ek vandaan kom en ek sê Alto, sê party mense hulle het nog nooit daarvan gehoor nie. Maar as ek dan vra of hulle Alto Rouge ken, weet hulle onmiddellik.

Dis die geskiedenis, die gehalte en die simplisiteit van ’n wyn wat al sedert die 1950’s elke jaar op grootmaat geproduseer word, wat dit so besonders maak.

Daar is nog altyd ’n versnit op die plaas gemaak, maar die oudste bottel Alto Rouge wat ons al gesien het, is in 1948 geoes.

Wat beteken dit vir jou om wyn te maak op ’n plaas met so ’n lang geskiedenis?

Ek moet respek hê vir die mense voor my, maar ook vir die wynmakers wat ná my gaan kom.

Ek het hier aangekom en gedink ek gaan alles nuut doen. Ná ’n jaar of wat besef jy daar is ’n rede waarom die mense voor jou dit op ’n spesifieke manier gedoen het.

Wat gaan wel nuut wees in die volgende 100 jaar?

Die fokus van die wyndrinker het effe verander. Mense wil wyn met ’n laer alkoholinhoud hê. Ses of sewe jaar terug was 15% alkohol normaal vir ’n bottel wyn. Nou is 14% meer algemeen. Daar is selfs shiraz wat so laag soos 12,5% is. Dis wel onwaarskynlik vir wyn wat in ons area gekweek word. Ek glo in ’n balans. As ’n mens nie die alkohol in die wyn kan proe nie, dan is daar ’n probleem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.