Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Is jy lus vir ’n vleisie?
As jy ’n vleiseter is, sal die Hussar Grill jou beslis nie teleurstel nie.

Die Hussar Grill was nog altyd een van my gunstelingrestaurante by Montecasino en ek was opgewonde toe ek gehoor het daar het ook nou een by die Silverstar-casino oopgemaak.

Dié franchise kom landwyd voor en daar is tans vyf takke in Gauteng. Vier Hussar Grill-takke word gereken as een van Eat Out se top-150-restaurante in die land.

Dit is veral vir die vleis op sy spyskaart waarvoor mense weer en weer terugkeer.

Veroudering van vleis

Baie van die vleis word met groot sorg verouder. Dit is die rede waarom die steaks so sag en geurig is.

By die opening van die restaurant het ons die rib­oog-steak aan die been geproe en dit was van die lekkerste vleis wat ek in my ganse lewe tot nog toe geëet het.

Vir diegene wat nie dol is op rooivleis nie, is daar ook hoender, vis en pasta op die spyskaart.

Gelukkige gaste

Die Hussar Grill is al 55 jaar aan die gang en hy roem hom op uitstaande gehalte en diens.

Die hoofbestuurder van die Silverstar-tak is Pierre Erasmus en hy self is geen onbekende in restaurantkringe nie.

Hy weet hoe om sy gaste gelukkig te hou.

Die restaurant kan 200 mense op ’n slag akkom­modeer, maar daar is ook ’n private eetkamer as jy iets eksklusiewer vir ’n spesiale­ geleentheid benodig.

Die restaurant is Maandae tot Saterdae van 11:00 tot 23:00 oop en op Sondae van 10:00 tot 23:00.

  • Besoek sy webwerf by hussargrill.co.za of skakel 010 020 1080.
Meer oor:  Hussar Grill  |  Eet  |  Kos  |  Restaurant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.