Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Kaaps-Maleise kos is maklik op die kassie

Waar is ’n beter plek om meer oor Kaaps-Maleise kos te leer as in die huis van kundiges?

Fatima en Gadija Sydow. Dié tweelingsusters verwelkom kykers in hul familiehuis en deel hul koswenke.

In die Via-kosprogram Kaap, kerrie en koesisters word kykers elke week genooi na die tweelingsusters Fatima en Gadija Sydow se familiekombuis in Manenberg, waar hulle die geheime van die Kaaps­Maleise kookkuns deel.

Die derde reeks van dié TV-program is tans op die kassie te sien. Die reeks vier nie net hierdie gewilde kosstyl nie, maar bring ook hulde aan die gemeenskapshelde van die Kaapse Vlakte.

“Ons wou ons liefde vir kos en ons gemeenskap deel,” sê Fati-ma oor die program.

“En wat is ’n beter manier om dit te doen as op die TV?”

Fatima is ’n kookboekskrywer en spysenier, terwyl Gadija as ’n bibliotekaresse werk.

In elke episode word ’n ikoon uit hul gemeenskap na hul kombuis genooi om vir hulle ’n dankiesêfeesmaal te berei.

“Ek kommunikeer deur kos te maak,” sê Fatima, “dís hoe ek wys as ek vir mense omgee.”

Gadija sê: “Kos beteken baie vir my – nie net omdat ek daarvan hou om te eet nie, maar omdat kosmaak en bak ’n vorm van terapie vir my is. Ek hou van hoe my kos mense laat voel – hulle het altyd ’n groot glimlag ná die tyd.”

  • Nuwe episodes vanKaap, kerrie en koesistersword elke Maandag 17:00 op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Dinsdae 19:00 en 15:30.
Meer oor:  Fatima En Gadija Sydow  |  Via  |  Oos-Kaap Naweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.