
Foto: IAN DU TOIT
Lewer 1 reghoekige panpizza.
Wat jy benodig
Kors
- 500 ml koekmeel
- 20 ml bakpoeier
- 60 ml botter of margarien
- 125 ml melk of water
- olyfolie vir smeer
Vulsel
- skyfies cheddarkaas
- olyfolie
- dik skywe tamatie
- sout, peper, suiker en marjolein
na smaak
- gekapte ham of ansjovis-filette
- gerasperde cheddarkaas of
parmesaan vir oorstrooi
Maak dan só Voorverhit die oond tot 220-250 °C. Smeer ’n klein bakplaat, sowat 35 x 25 cm. Kors: Meng meel en bakpoeier en sny die botter in met ’n mes of deegsnyer. Voeg die melk of water by en meng goed. Rol die deeg redelik dik op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Druk die deeg in die voorbereide bakplaat en laat die rante effens opstaan. Smeer ’n bietjie olyfolie oor die deeg. Vulsel: Pak die skyfies kaas oorvleuelend oor die kors en sprinkel olyfolie oor. Plaas die tamatieskyfies oorvleuelend bo-op die kaas en geur met sout, peper, suiker en marjolein. Strooi die stukkies ham oor of sit ’n paar ansjovisfilette hier en daar bo-op die tamatie en sprinkel weer met olyfolie. Bak 20 minute tot die kaas borrel. Strooi die gerasperde kaas oor sodra dit uit oond kom.