Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Klein JAN en sy baas Jan wen groot restaurant-pryse

Jan van der Westhuizen, Suid-Afrika se eerste Michelin-bekroonde sjef, en Klein JAN, sy restaurant wat op 1 April in die Kalahari geopen het, het verskeie pryse verower.

Jan van der Westhuizen, Suid-Afrika se eerste Michelin-bekroonde sjef, is vandeesweek as Sjef van die Jaar aangewys. Hy het ook die prys vir kulinêre baanbrekerswerk gekry. Foto: Facebook/Jan Hendrik

Van der Westhuizen is as Sjef van die Jaar aangewys op die derde jaarlikse Luxe Hosco-toekenningsaand wat Dinsdag aangebied is. Hy het ook ’n prys gekry vir kulinêre baanbrekerswerk en Klein JAN, sy nuwe restaurant in die Tswalu-wildreservaat in die Noord-Kaap, is as Restaurant van die Jaar aangewys.

Dié geleentheid word aangebied om die beste bydraes tot die Suid-Afrikaanse restaurantbedryf te vereer.

Die bestuurskonsultasiefirma Hosco, wat die Suid-Afrikaanse gasvryheidsektor bedien, sê op Facebook vanjaar se pryse is veral in die lig van die Covid-19-pandemie baie betekenisvol.

Chad Fourie, besturende direkteur, het al die wenners gelukgewens en sê met dié pryse bring hulle hulde aan mense wat verlede jaar te midde van die pandemie talle uitdagings moes oorkom. Dit maak dit baie spesiaal.

Van der Westhuizen se eerste restaurant, JAN, is in 2013 in Nice, Frankryk, geopen. Hy het in 2016 die eerste Suid-Afrikaanse sjef geword wat ’n Michelin-ster verwerf het. Hy het sedertdien ook die restaurante Maria en Le Jardin de JAN in Frankryk geopen.

Hy het ook ’n Franse restaurant, JAN Innovation Studio, in Kaapstad.

Die kelder van die Klein JAN-restaurant in die Tswalu-wildreservaat in die Noord-Kaap waar hy sy bestanddele hou. Foto: Hanru Marais Photography
Gaste kyk uit die Klein JAN-restaurant oor die Kalahari-duine uit. Klein JAN is pas as Restaurant van die Jaar op die Luxe Hosco-restaurant-toekenningsgeleentheid aangewys. Foto: Hanru Marais Photography


Meer oor:  Jan Van Der Westhuizen  |  Pryse  |  Restaurant  |  Klein Jan  |  Michelin-Sjef
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.