Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Knak ’n bier en vier Internasionale Bierdag saam

Vrydag kan jy jou gunstelingbier saam met ander van oor die wêreld heen geniet – dit is immers Internasionale Bierdag!

Bierdrinkers en -liefhebbers vier jaarliks op die eerste Vrydag van Augustus hierdie lekker lafenis en met ’n voorlopige weervoorspelling van sonskyn, is daar geen verskoning om dit nie vanjaar te vier nie!

Bierdag is vir die eerste keer in Augustus 2008 aangebied en word nou in meer as 200 stede in die wêreld gevier. En of jy nou ’n ou bekende, ’n unieke bier van ’n plaaslike brouery of craftbier drink, almal is welkom om die dag saam te vier – tuis of by jou naaste kroeg, restaurant of brouery. In Suid-Afrika is daar géén tekort aan bierbrouers nie en jy kan gerus die vieringe Saterdag by ’n plaaslike brouery voortsit. Vanaf Kaapstad tot die Paarl, Stellenbosch en Franschhoek – jy sal nie spyt wees met ’n Suid-Afrikaanse bier in die hand nie!

Lig daai bier omhoog en geniet elke slukkie Vrydag wanneer ons Bierdag vier.Foto: PIXABAY

Bier sal altyd ’n wenner wees!

Op die voorblad vanDie Burgervan 30 Julie 2021 berig Liana Mocke dat Suid-Afrikaners baie meer bier in die eerste ses maande van die jaar gekoop het as gedurende die eerste helfte van verlede jaar. Dit is egter grootliks weens die drankverbod wat toe gewoed het.

Hier volg ’n uittreksel uit die berig:

Die internasionale drankreus Anheuser-Busch InBev (AB InBev) het Donderdag sy resultate vir die tweede kwartaal en eerste helfte van die jaar uitgereik.

AB InBev het belange in Suid-Afrika deur sy aandeelhouding in die Suid-Afrikaanse Brouery (SAB).

In sy verklaring verwys die drankreus spesifiek na die impak van die mees onlangse drankverbod, wat Sondagaand verslap is.

Volgens AB InBev is die vraag na SAB se bier in Suid-Afrika sterk.Die volumes bier wat deur SAB gedurende die eerste ses maande van die jaar verkoop is, het stewig met dubbelsyfers gegroei teenoor die volumes van die ooreenstemmende tydperk verlede jaar toe drankverkope ook verbied is.

Dit is veral Carling Black Label wat goed vaar en uitgelig word as een van die maatskappy se meer kragtige handelsmerke in Suid-Afrika.

  • Besoek gerus die Biervereniging van Suid Afrika (Basa) se webtuiste beersa.org vir meer inligting.

Geborg deur:

Hey Joe Brewing Company trots op hul bekroonde bier

Gavin Magrath, stigter van die Hey Joe Brewing Company, het lank gedroom van ’n tradisionele Belgiese abdy-geïnspireerde brouery waar hy sy geliefde Belgiese-styl biere kan skep.

Hey Joe Brewing Company
Hey Joe Brewing Company in Franschhoek bied besonderse tradisioneel gebroude Belgiese bier.

Hy het die brouery noukeurig oor drie jaar gebou en dit uiteindelik in Maart 2019 in gebruik geneem.

Vandag word al hul biere met die hand gemaak in die outentieke koperbrouery wat oorspronklik in 1961 in Oos-Beiere gebou is.

Hey Joe Brewing Company is baie trots daarop om silwer medaljes te kon verower by die onlangse Suid-Afrikaanse Nasionale Biertrofee-kompetisie vir die Hey Joe Witbier, Blonde, Saison en Lager, sowel as die Afrika-bierbeker vir die Blonde en Witbier in hul eerste jaar van brou.

Vanjaar het die Witbier goud verower en die Session IPA dubbelgoud by die Europese wynkompetisie in Londen.

As jy nog nie daar ’n draai gaan maak het nie, gaan kry vir jou ’n Joe! Besoek hulle gerus op die R45 net voor Franschhoek.

Vir meer inligting, besoek www.heyjoebrewery.com. Volg ook Hey Joe Brewing Company op Facebook en Hey Joe Brewing Co op Instagram.

Meer oor:  Bier  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.