Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Koester die tye om die tafel

Om wyn en kos saam met vriende te geniet, is vir Errieda du Toit ekstra kosbaar in hierdie tye.

Gesondheid! Om saam met vriende ’n glasie met hierdie goeie wense te klink, het ’n diep betekenisvolle ervaring geraak. Om sulke oomblikke vas te vang in ’n rooiwyn wat jy self versny, is selfs meer spesiaal.

Die wenversnit van Blaauwklippen se versnitkompetisie word as magnum gebottel onder die Blaauwklippen-etiket. Foto’s: Ian du Toit

Vanjaar is die 38ste keer dat wyngeesdriftiges en wynklubs hul eie versnitwyn kan skep vir Blaauwklippen se versnitkompetisie. Dit is die enigste kompetisie in die land waar amateurs hul eie wynversnitte kan inskryf vir beoordeling deur professionele wynkundiges.

Die versnitveldslag behels vanjaar die skep van ’n klassieke Bordeaux-versnit.

Die landgoed is genoem na die blou graniet op die plaas en is een van die oudste plase van die Stellenbosch-wynroete. Blaauwklippen vorm deel van die goue driehoek, wat Alto en Rust en Vrede insluit.

Ek en my man, Ian, se doel is om ’n wyn te versny wat hart en siel verlief sal wees op ryk winterskos.

Wat ons kort in ervaring, maak ons voor op met entoesiasme. Vir inspirasie het ons die kosmeesters Johnny Hamman en Marius Uys, van Hamm & Uys op Blaauwklippen, en Ben-Carl Havemann, uitvoerende hoof van die landgoed Blaauwklippen, genooi.

Die sessie was op sigself ’n heerlike versnit van saam eet aan springbok, waterblommetjies, wynwyshede en uit-die-maag-lag.

Dis hierdie gees van saamwees en tafelvriendskap wat ons wil vasvang met ons Bordeaux-versnit.

Neem deel, bestel wyn
  • Blaauwklippen se versnitkompetisie-inskrywingspak kos R500 en bevat een bottel elk van Blaauwklippen se Cabernet Franc 2020, Cabernet Sauvignon 2020, Merlot 2020 en Petit Verdot 2020, asook ’n 100 ml-maatsilinder. Al vier wyne moet gebruik word vir die Bordeaux-versnit, maar nie meer as 60% of minder as 5% van enige van die druifsoorte nie. Die vier semifinaliste woon die toekenningseremonie op die Blaauwklippen-landgoed by en die wenner se versnit word ook in magnums gebotteleer onder die landgoed-vaandel en kommersieel verkoop.
  • Belangrike datums: Registrasie vir deelname is 31 Julie; aflewering geskied 15 Augustus. Resepte teen 30 September. Semifinaal en finaal in Oktober. Besoek www.blaauwklippen.com/bbc2021 vir meer inligting.
  • AFSLAG SPESIAAL VIR VERSNIT-LESERS: Kry 25% afslag op aanlyn wynaankope by Blaauwklippen.com. Gebruik die koeponkode VERSNIT as jy jou wynaankope finaliseer. Die aanbod is geldig van 14 tot 17 Julie. Bepalings en voorwaardes geld.
Meer oor:  Wyn  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.