Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Koffie is nou ook deel van die reekse vir veganiste

As jou dag met koffie begin, maar jy sukkel om veganis-vriendelike produkte in die hande te kry, is die nuwe Nescafé Gold plant-gebaseerde koffiereeks vir jou.

Met dieselfde smaak van ’n heerlike latte bied Nescafé nou hul boksies hiervan met alternatiewe soos amandel, hawermout en klapper – alternatiewe vir die gebruiklike melkprodukte wat die reeks ’n veganis-vriendelike lekkerny maak.

Die reeks is deur die Vegan Society gesertifiseer en waarborg dus dat dit 100% veganisties is. Buiten vir die alternatiewe suiwelprodukte word dit ook gemaak van Arabica- en Robusta-koffiebone van hoë gehalte.

Nescafé Gold se nuwe reeks veganis-vriendelike produkte sluit in ’n amandel-, hawermout- en klapper-latte.Foto: SUZAAN POTGIETER

Hoe proe dit?

Die smaak is soos wat jy van enige latte sal verwag. Dit word net nie met melk gemaak nie.

Elke latte in die reeks is romerig en ryk en boonop gerieflik, aangesien jy slegs kookwater in jou koppie moet gooi. Elke sakkie is genoeg vir een koppie en kan maklik in jou handsak of skootrekenaarsak gegooi word om saam met jou te neem.

  • Elkeen van die produkte is ook propvol geur en bevat ’n natuurlike soetheid wat die byvoeging van suiker onnodig maak. Die Nescafé Gold plant-gebaseerde lattes is in verskeie winkels teen R72,99 vir ’n boks met ses sakkies beskikbaar.
Meer oor:  Koffie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.