Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Kostelik:
Kom sit net aan

Hierdie tyd van die jaar is my draadjie maar kort – ek weet nie of dit is omdat ek net moeg is nie, en of ek weet ek moet een of ander tyd die besige winkels invaar, en of dit my mediese fonds is wat my laat weet het my voordele is op en ek moet nou self my koppilletjies betaal nie. Wat dit ook al is, ek is meer bedonderd as ooit en die persoon wat daaronder ly is natuurlik niemand anders nie as my man, die arme Ier homself, die uwe Rick Robertson.

Die “mystery basket”.

So staan ek gister weer met die verkeerde voet uit die bed uit op en terwyl ek by die huis uit hardloop, sak my gemoed nog verder toe ek dink: “Wat gaan ek vanaand kook vir ete?”

Ná 15 jaar is ’n mens mos al ’n bietjie gatvol vir die storie, of wat sê ek? Ek sit my handsak neer, krap in my kombuis en vrieskas en los vir manlief ’n “mystery box” en ’n nota op die kombuistafel. Julle stoere Afrikaanse mense moet nou asseblief nie op my gil omdat ek die nota in Engels geskryf het nie . . . soos julle weet is ek met ’n Ingelsman getroud (boonop ’n oulike een).

“Dear husband,

“I will be working late tonight and am not able to cook your supper like I have done for the past 15 years. So . . . I have decided, in the spirit of MasterChef, to leave you a mystery box on the kitchen table. I have had no time to shop the past week so all I have for you is 1 kg chicken (defrosting in the fridge), 2 tomatoes, 2 onions, garlic, 3 potatoes, tenderstem broccoli (just check the date on the pack­et please), a lemon, rosemary from the garden and some spices. The pantry is empty, but there is a bit of butter, salt and pepper. I am going to need a good drink when I get home tonight so please open this fabulous 2016 Alto Rouge so it can breathe.

“My mood is probably also going to be crappy so I am praying for load shedding, candles and a Frank Sinatra tune or two. And as my friend RuPaul would say: Good luck and don’t f*** it up.

“Your loving wife.

“PS: Please don’t leave my kitchen in a mess.”

Die rooiwyn is oop en die kerse gereed.

Vroegaand ontvang ek die volgende WhatsApp-boodskap:

“My liefste vrou, was thinking of braaiing the chicken . . . then I uncorked the Alto Rouge to let it breathe. I took a breath, actually several breaths, and have since been slaving over the stove . . . I have newfound respect for all the women who work and then come home to cook for their families. Gosh, it is exhausting! And the timing! How do you do it? Your mystery basket dish is almost ready. PS: Stress is too much so the Alto Rouge is almost finished. Luckily I found another one in your #secretwinestash cabinet. Drive safely wherever you are . . . xxx”

Ná sewe het ek by die huis ingestap met Frankie wat “My Way” sing, die reuk van Spaanse hoender, my sexy Ier voor die stoof met ’n voorskoot aan, die tafel gedek, kerse wat brand en die wyn was oopgemaak! Jô.

Is dit wat mans ervaar elke aand wanneer hulle by die huis kom? Hemels!

Vanoggend het ek met ’n beter gemoed uit die bed opgestaan. Ek het gelukkig ’n foto van Rick se heerlike hoendergereg geneem en hom vir die resep gevra. Hy het dit mor-mor gedoen, maar nou weet hy wat ek elke dag van my lewe doen – resepte toets, stileer, foto’s neem en dan moet jy alles in besonderse detail neerskryf. Nie so maklik en glamorous soos almal dink nie. Ek het darem vir jul taalpuriste die resep van Engels in Afrikaans vertaal. Hoera vir mystery baskets en hoera vir my wonderlike man!

Groete uit my kombuis,

Anél

My Ier se Spaanse hoender

1 kg hoenderstukke

2 medium uie, geskil en gekap

3 groot knoffeltoontjies, geskil en gekap

5 ryp tamaties, opgekap met skil en al

3 aartappels, geskil, in stukke gesny en vir vyf minute gekook

1/3 koppie ekstrasuiwer olyfolie

1 t komynsaad

1 t vinkelsaad

½ droë lourierblaar

5 stingelbroccoli’s, geblansjeer en in klein stukkies gesny

7 ml sout

2,5 ml gemaalde swartpeper

1 suurlemoen, in agtstes gesny

ciabatta

Braai die uie oor matige hitte in ’n groot pan tot sag. Voeg die knoffel by en maak seker die knoffel brand nie. Sit die deksel op en prut vir minstens vyf tot agt minute. Gooi die tamaties, knippie sout, komyn en vinkel by en roer deur.

Prut met die deksel op totdat die tamaties sag is – so tien minute. As die vloeistof te min raak, gooi ’n klein bietjie water by.

Braai die hoenderstukke In ’n ander pan oor matige hitte tot goudbruin – geur met sout en peper. Skep die tamatiesmoor by en kook vir tien minute oor matige hitte met deksel op. Weer eens, as die pan droog kook, gooi net ’n bietjie water by. Gooi die aartappels by en indien daar olyfolie oor is, gooi dit ook by. Sit deksel op en prut totdat aartappels gaar is. Proe vir sout en peper. Sit laastens die suurlemoenskyfies en broccolistukkies bo-op.

Bedien in die pan, met geroosterde ciabatta-brood en ’n goeie bottel wyn.

En laastens, soos my Ier geskrywe het: “Allow Frank Sinatra to sing some of his favour­ite tunes in the background. But most importantly, serve this with love.”

Meer oor:  Resep  |  Kostelik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.