Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Kook elke week saam met Die Burger!

Lesers kan van môre af elke Donderdag kyk hoe word gekook met resepte uit Die Burger se argiewe in die nuwe TV-program Uit die spens.

In die splinternuwe program Uit die spens wat hierdie week op die kassie begin, gaan kykers saam kan kook aan nostalgiese onthoukos uit Die Burger se argiewe.

Dié program op Via (DStv-kanaal 147) word deur Lynelle Kenned aangebied wat weekliks saam met twee gaste gaan kos kook. Die twee gaste sluit by haar aan om twee disse te kook: die historiese resep uit die argiewe en ’n moderne weergawe daarvan.

  • Kyk Uit die spens elke Donderdag om 21:00 op Via.
  • Lees elke Woensdag Versnit vir ’n onderhoud met een van die gaste en die vorige week se resepte.
Moskou du Toit is een van die eerste gaste op Via en Die Burger se nuwe program Uit die spens.

    Ontmoet vir Moskou du Toit

    Die eerste aflewering van Uit die spens handel oor toebroodjies en Spoegwolf se Moskou du Toit help met een van die resepte.

    Nie net is hy ’n musikant nie, maar ook ’n sjef met sy eie restaurant, Drum, in Stellenbosch.

    1. Wat is jou gunstelingdeel van kosmaak?

    Om dit te eet aan die einde saam met familie.

    2. Sonder wat kan jy nie in die kombuis werk nie?

    My messe en goeie geselskap.

    3. Verkies jy ou, tradisionele resepte of die moderne, opgekikkerde weergawes van die resepte?

    Ek gebruik nie eintlik resepte nie, maar as ek iets sien of eet waarvan ek hou, sal ek dit op my eie manier interpreteer en maak in my kombuis.

    4. Wat sal jy kies as jou laaste maaltyd op aarde?

    Goeie toast met plain botter en sout.

    5. Waar kom jou liefde vir kos vandaan?

    My pa het my saam met hom laat kos maak toe ek vreeslik jonk was en vir my gewys hoe romanties dit is. Van toe af is ek verlief daarop.

    Meer oor:  Uit Die Spens  |  Resepte  |  Die Burger
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.