Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Kookboek kry vegetariese deel by
Harding se “Salie-sampioene”.

Komkommertyd is ’n kookboek vir Beeld se lesers en deur Beeld se lesers. Daarom het ons dadelik ag geslaan op Ansie Harding van Pretoria se versoek dat die kookboek-kompetisie ook ’n kategorie vir vegetariese geregte insluit.

Ansie Harding aan die werskaf in haar kombuis.

Harding verwys nie na haarself as vegetariër nie.

“Dis ’n outydse en beperkende woord wat jou in ’n kategorie gooi waarin jy vasgevang word,” sê sy.

Sy verkies bloot ’n plantgerigte dieet en probeer nie vleiseters oorreed om dieselfde leefstyl te volg nie.

Harding glo die inperking het twee positiewe gevolge: eerstens dat mense hul eie brood bak en tweedens dat hulle groente plant.

Dis iets wat sy goed ken, want sy het haar eie groentetuin.

“Ons het deur die inperking voortdurend groente uit ons tuin gepluk en gebruik. Dis wonderlik.”

Harding sê met ’n klein stukkie grond, sonskyn en water kan ’n mens ver kom om jou eie voedsel te produseer.

“Boontjies, spinasie, klein tamaties en blaarslaai is doodmaklik om te kweek en beloon jou in oorvloed. ’n Kruietuintjie van salie, tiemie, ment, origanum en basiliekruid is ’n vreugde en so, so maklik om aan die gang te kry.”

Vir Beeld se kookboek-kompetisie het Harding haar resep, “Salie-sampioene”, gedeel. Sy het ’n oorspronklike resep deur die sjef Jamie Oliver aangepas en haar eie gemaak en bedien dit graag saam met gebakte patats.

So maak jy: Haal die steeltjies van groot bruin sampioene af en kap dit op. Plaas die sampioene in ’n oondbak met die gekapte steeltjies bo-op. Gekapte knoffel, olyfolie, ’n sprinkel rooiwynasyn, ’n handvol gehalveerde tamatietjies en ’n handvol gekapte salie uit jou tuin kom bo-op. Geur met sout en peper. Plaas in ’n oond van 200 °C vir 15 minute. Haal uit, plaas nog ’n paar salieblare op elke sampioen, asook geras­perde kaas. Plaas vir vyf minute onder die rooster.) Stuur jou gunsteling grendeltyd-resep en ’n kombuis-aksiefoto van jouself na kompetisie@ beeld.com voor 1 Julie.

’n Plek vir jou resep en storie in die kookboek asook ’n kontantprys is op die spel. Besoek Beeld se Facebook-blad vir bepalings en voorwaardes.

Meer oor:  Komkommertyd  |  Kookboek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.