Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Kruie: Heel tuis in die kombuis

Sonder kruie is enige kos vaal en smaakloos, daarom word daar vandeesweek op Die Burger se Uit die spens met kruie gekook – vir ’n ekstra knypie smaak.

In die derde episode gaan Ina Paarman, kruiekenner en -entrepreneur, en Kobá Solms van Muti Gin hul kragte saamspan en twee weergawes van ’n historiese resep uit die argief aandurf – een die resep soos hy destyds in Die Burger geplaas is en die tweede ’n moderne weergawe daarvan.

Dié program word deur Lynelle Kenned aangebied wat weekliks saam met twee gaste kook.

  • Kyk Uit die spens elke Donderdag om 21:00 op VIA.
  • Lees elke Woensdag Versnit vir ’n onderhoud met een van die gaste en die vorige week se resepte.

Ontmoet vir Ina Paarman

In môre se episode is Ina Paarman, stigter van Paarman-kosse, een van die gaste.

Ina Paarman

Sy deel meer oor kos en kruie.

1. Wat is jou gunstelingdeel van kosmaak?

Ek geniet naweek-kook saam met my seun Graham. Dan raak ons avontuurlustig met die beste vars vis, vleis en groente.

2. Verkies jy ou, tradisionele resepte of die moderne, opgekikkerde weergawes van die resepte?

Tradisioneel is heerlik, maar ek gee die resepte dikwels ’n ander aanslag om in te pas by gesondheidstendense en kosmodes. Soos die vegatariese bobotie wat ek op die program demonstreer.

3. Wat is volgens jou eg Suid-Afrikaanse disse?

In ons Afrikaanse kultuur sal dit seker altyd bobotie, tamatiebredie, malvapoeding, melktert en kerrieafval wees.

4. Watter kruie, wat in alle kos gebruik kan word, moet almal in hul huis aanhou?

Smaak verskil. Nie almal hou van knoffel nie, ek wel. Suurlemoen is nou wel nie ’n krui nie maar dit bring die smaak van enige kruie of speserye uit, dieselfde geld vir olyfolie en botter.

5. Watter kruie, wat maklik is om te onderhou, is beslis ’n moet in die tuin vir diegene wat mal is oor kosmaak?

Kruie hou van sonlig. Soek ’n sonnige plekkie baie naby aan jou kombuis waar dit maklik is om vinnig uit te loop en te pluk. Roosmaryn is meerjarig en groei maklik, origanum is ’n grondbedekker en plant homself, tiemie moet nou en dan vervang word, pietersielie groei maklik, koljander verkies koeler weer en basiliekruid floreer in die somer. Kruisement kan later jou tuin oorneem!

Meer oor:  Kos  |  Uit Die Spens  |  Kruie  |  Kook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.