Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
KYK: Bottel wyn vir R420 000 in Stellenbosch opgeveil
Die bottel Grand Constance 1821.

’n Skaars bottel wyn wat volgens inligting oorspronklik vir Napoleon Bonaparte bestem was, is die naweek op die Cape Fine & Rare Wine-veiling in Stellenbosch vir ’n rekordprys verkoop.

Die bottel Grand Constance 1821 is vir R420 000 aan ’n kliënt van Christie's-afslaers verkoop. Die veiling is Saterdag by die Rupert-museum in Stellenbosch gehou en aanlyn uitgesaai.

Die spesifieke bottel wyn is waarskynlik een van net enkeles wat nog in die wêreld oor is, luidens ’n verklaring van Cape Fine & Rare Wine. Al die bottels het ’n etiket met die geskrif “décanté en 1883” daarop en die gebruik van Frans dui daarop dat die wyn in Frankryk afgegiet en in ’n kelder gesit is. Die wyn is steeds in sy oorspronklike, handgeblaasde glashouer.

Die bottel wat onder die hamer gekom het, was deel van ’n lot wat in die vroeë 1980’s in Londen opgeveil is.

Volgens die afslaers was Constantia-wyne in 1821 hoogs in aanvraag. Constantia-wyne het in 1685 tot stand gekom en geskiedkundige figure soos die Franse koningin Marie Antoinette en George Washington van Amerika het die wyn se lof besing.

Baie van die 1821-oes is na die eiland van St. Helena verskeep, waar dit vir vyf jaar lank eksklusief vir Napoleon se gebruik gereserveer is. Hy is op 5 Mei 1821 in ballingskap dood en baie van die voorraad wyn het toe in die mark beland.


Meer oor:  Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.