Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
KYK: SA se eerste ‘dagga’-pizza

Pizzaliefhebbers wat nou nog stry of pynappel op pizzas hoort, kan hulle dalk op gemeenskaplike terrein bevind in ’n nuwe bestanddeel – “dagga”.

Die pizzarestaurant Col’Cacchio en Africanpure, vervaardiger van kannabidiol- (KBD) produkte, het pas Suid-Afrika se eerste kannabis-pizzas bekend gestel.

Dié twee gourmet-pizzas – die “Green Goddess” en die “Not-So-Plain Mary Jane” – sal by alle Col’Cacchio’s, behalwe die Windhoektak en halaal-restaurante, beskikbaar wees.

Dit kom nadat die departement van gesondheid onlangs bekend gemaak het dat KBD wettig in Suid-Afrika verkoop mag word.

Kinga Baranowska met die twee gourmet cannabis-pizzas wat die “Not-So-Plain Mary Jane” en die “Green Goddess” genoem word.Foto: Adrian de Kock

Die pizzas sal net die voorgeskrewe dosis van 20 ml KBD-olie bevat.

Die KBD het geen psigoaktiewe eienskappe nie en mense wat die pizzas eet, sal nie bedwelm word nie, sê Mike Saunders, medestigter van Africanpure.

Die “Not-So-Plain Mary Jane”-pizza van naderby.Foto: Adrian de Kock

Hulle sal wel ’n kalmerende uitwerking ervaar teen die tyd dat hulle klaar geëet het, sê hy.

Volgens hom bevat die olie geen tetrahidrokannabinol (THK) of kunsmatige chemikalieë wat mense kan bedwelm nie. THK is die psigoaktiewe bestanddeel in dagga.

“Mense kan steeds motor bestuur en masjinerie beheer. Daar is ook geen bekende moontlikheid van ’n oordosis nie,” sê hy.

Volgens hom is die olie veilig vir kinders en diere.

Saunders sê KBD het ’n kalmerende uitwerking en dit help met fokus, stres en angstigheid.

“Dit kan meer verslawende middels soos alkohol vervang. En dit kan ook help met verligting van pyn en chroniese siektes,” sê hy.

Kinga Baranowska, medestigter van Col’Cacchio, sê die restaurantgroep probeer om vernuwend met sy spyskaart te wees en om die gesonde tendense aan hul kliënte beskikbaar te maak.

“Ons hou daarvan om tred te hou met tendense en is uiters trots daarop om die eerste restaurant in Suid-Afrika te wees wat ’n 'daggapizza' maak. Ons sien daarna uit om ou en nuwe gesigte in ons restaurante te sien om hierdie opwindende nuwe reeks te probeer,” sê sy.

Klante kan ook die KBD-olie teen ’n ekstra bedrag by enige van die ander geregte voeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.