Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Lamsboud met roosmaryn, baba-aartappels

Dié potjieresep kom uit VIA (DStv- kanaal147) se program Laat die potte prut. Kalahari uit die Kaap, een van die wenspanne, deel hul resep met ons.

Nuwe episodes van Laat die potte prut wys elke Maandag om 20:30 met heruitsendings op Vrydae om 19:00 en Saterdae om 17:30.

Bestanddele

1 groot skaapboud

skaapvet (na smaak)

1 ui (in dun skyfies gesny)

60 ml (4 e) sojasous

45 ml (3 e) meel

sout en peper na smaak

4 knoffelhuisies (fyngekap)

7 takkies vars roosmaryn

1 sakkie baba-aartappels

5 groot wortels, geskil en in wiele gesny

’n handvol groenbone (die punte verwyder)

Metode

  • Geur die skaapboud met sout, peper en sojasous.
  • Besprinkel dit met die meel en maak seker dat dit heeltemal bedek is.
  • Plaas pot op matige kole.
  • Sit die skaapvet in die pot en roer aanhoudend. Roer die uie en die knoffel by.
  • Soteer die uie totdat dit deursigtig is. Sit die skaapboud in die pot en seël dit aan alle kante.
  • Voeg die aartappels, roosmaryn, wortels en bone by die pot. Sit die deksel op en laat dit ongeveer 20 minute prut.
  • Maak seker dat die skaapboud nie vasbrand nie.
  • Moenie die pot aanhoudend roer nie en maak seker dat daar genoeg vloeistof in die pot vorm.
  • Laat prut ongeveer drie uur.
  • Geur met sout, peper en speserye na smaak.
  • Sit voor met geurige rys.
Meer oor:  Via  |  Potjiekos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.