Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Lê só jou eie olywe in

Op VIA se landbouprogram Nisboere verken die aanbieders Malixole “Mali” Gwatyu, Anrich Herbst, Chris de Clerq en dr. Simonia Magardie die stories van mense wat met min grond boer.

In dié reeks artikels kyk ons na die stories, resepte en raad wat jou sal inspireer om self in jou eie agterplaas of tuin te begin boer.

x

Olyfbome

Anrich besoek Willow Creek tussen Worcester en Robertson, ’n plaas met sowat 160 000 olyfbome.

Hannes Jansen vertel wat ’n besonderse vrug en boom die olyf is. Die boom het ’n baie hoë voedingsbehoefte om olie vir jou te lewer. Hulle lê wel olywe in, maar hul primêre onderneming is die pars van die olyf en die olie wat hulle botteleer.

Charl van Sittert vertel hoe ’n arbeidsintensiewe bedryf dit is. Dis ’n groot boom en die olyf is ’n klein vruggie. Jy moet soek en seker maak jy kry al die vrugte van die boom af.

x
x

Die olyfboom kry nie baie siektes nie en hulle spuit een keer per jaar teen insekte. Die bome by Willow Creek is tussen sewe en nege jaar oud en daar is ook nuwe aanplantings.

Hoogs gevorderde tegnologie word vir pars gebruik. Nico Mostert vertel hoe die olie van die kelder af onder lae druk – “omdat jy nie jou olie wil seermaak nie” – gepomp word na die botteleringsaanleg.

Olyfbome groei in streke met ’n Mediterreense klimaat. Jy het warm dae en koue nagte nodig, asook genoeg water en diep grond. Die insetkoste is maklik R20 000 per hektaar per jaar, sonder oeskoste.

Lê jou eie swart olywe in

Hou koerant- of ander advertensies dop van boere wat olywe in klein maat verkoop.

1. Was die olywe om ontslae te raak van enige stof.

2. Maak ’n snytjie oor die lengte deur die vlees.

3. Plaas in ’n groot plastiekemmer met ’n deksel en bedek heeltemal met vars water.

4. Vervang die water twee maal per dag vir vier tot ses weke.

5. Maak ’n soutoplossing aan: 750 g tot 1 kg sout, 10 liter water en sowat 1 liter wynasyn.

Gooi die water uit die emmer en bedek die olywe met die soutoplossing. Laat dit vir vier maande of langer so staan.

6. Skep nou jou olywe in glasflessies. Bedek met ’n nuwe soutoplossing van 20 g sout op 1 liter kokende water.

7. Giet olyfolie bo-oor en as jy wil, kan jy ook roosmaryntakkies, knoffel en suurlemoenskyfies byvoeg.

Hierdie wenke kom van olivessa.co.za

x

x

Wat anders het in Nisboere gebeur?

Anrich besoek die Upland- organiese landgoed by Wellington. Dis ’n vrugte- en wynplaas waar brandewyn, grappa, port en Cabernet Sauvignon al vir langer as ’n dekade organies gemaak word.

Dr. Edmund Oettle sê hy het gou besef hy wil eerder organies boer op sy 46 hektaar. Die belangrikste is die grond wat jy goed moet versorg.

Philip en Ben is weer by Syngenta op Wellington en besoek dié keer die laboratorium waar onkruiddoders vervaardig word. Christopher Fourie verduidelik die rekenaartegnologie en Desmond Mashigwana vertel van die verpakkingsaanleg se werkinge.

  • Nuwe episodes van Nisboere wys elke Dinsdag om 21:00 op VIA (DStv-kanaal 147) met heruitsendings op Sondae om 16:30. In samewerking met Laeveld Agrochem.

Meer oor:  Olywe  |  Via  |  Nisboere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.