Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Lekkernye op Aurum se ‘somerspyskaart’

Mense vra my dikwels watter restaurante ek aanbeveel vir spesiale okkasies en hoewel goeie restaurante net soos seisoene kom en gaan, is daar ’n paar staatmakers wat nooit teleurstel nie.

Die groot moderne restaurant Aurum, wat in die imposante The Leonardo (die hoogste gebou in Afrika) geleë is, is so ’n re­staurant – hetsy jy ’n spesiale verjaardag of herdenking wil vier of sommer net enigiemand met goeie kos en ’n moderne interieur wil beïndruk.

Dié broodjie is in ’n klas van sy eie – sag en soete­rig, amper soos nat beskuit en word bedien met die allerheerlikste smeer.

Ons het onlangs die bekendstelling van hul nuwe “somer-spyskaart” bygewoon en is weer eens nie teleurgestel nie.

Die kelners is vriendelik, flink en goed opgelei en die vars oesters waarmee ons ons ete begin het, verruklik.

Die sea bass wat bedien word met pastarys.Foto’s: Terésa Coetzee

Vir die hoofgereg het ek die beesfilet gekies – medium-rou gaargemaak met ’n wildesam­pioen-mousse en ’n reuse- gebraaide sampioen daarby. Ek kan met sekerheid sê dis een van die lekkerste stukke vleis wat ek in ’n baie lang tyd geëet het en hoewel ’n mens soms van die smaak moet prysgee wanneer jy filet kies, is dit hier glad nie die geval nie. Die vleis is murgsag en sappig met ’n diep geur.

Die Aurum Magnum, donkersjokolade wat ’n ryk karamelmousse omhul.

My man het die sea bass bestel wat met ’n pastarys bedien is, wat net so ’n goeie keuse is, maar later het ons saam besluit dat die filet ’n beter keuse is vir vleiseters.

Die nagereg was die perfekte afronding vir ’n heerlike aand wat alles omtrent die restaurant op ’n bord vasgevang het.

My Aurum Magnum is ’n sjokolade-“roomys”, wat gevul is met ’n ryk karamelmousse en om die goue tema deur te trek, het dit met ’n speelse goud op my bord geglim. Ryk en lekker!

Die gebakte dadelnagereg waaroor ’n mens self jou room kan gooi.

My man het die gebakte dadelnagereg gekies waaroor ’n mens self jou room kon gooi – die sjef was gulhartig met die neute en dit was ook ’n goeie afronding vir die perfekte aand.

  • Vir besprekings of besonderhede oor die spyskaart, besoek aurumrestaurant.co.za of skakel 076 471 1489.
Meer oor:  Aurum  |  Restaurante  |  Spyskaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.