Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Liplek-lekker brandvlerkies

So elke nou en dan is ons gesin doodgewoon net lus vir iets anders as seekos, pasta of steak op die spyskaart en vir daardie dae is die nuwe Texan Wing Bar by Montecasino net die plek om aan iets te gaan knibbel.

Die ontbeende hoendervlerkies met ’n bros korsie. Foto: Terésa Coetzee

Die restaurant bied presies wat hul naam sê, brandvlerkies.

Dis ’n onopgesmukte kuierplek vir die hele gesin wat spesialiseer in hoendervlerkies, ontbeen en tradisioneel.

Maar wees gerus, die spyskaart bied meer as net hoender; daar is burgers, steaks, ribbetjies en selfs kombo’s met ribbetjies en calamari of vis en skyfies.

Saam met die vlerkies is daar ’n groot verskeidenheid souse waaruit jy kan kies. Ons BBQ-sousie was ’n bietjie oorweldigend, maar tog smaaklik.

Die kinders sal hou van die hoenderrepies.

Ons was ’n bietjie teleurgesteld oor die nuus dat daar nie nagereg op die spyskaart is nie – iets waaraan daar beslis maar gewerk kan word. Die gourmet-melkskommels het darem getroos en gelukkig was die porsies so groot dat ons nie veel plek oorgehad het vir nagereg nie.

Die melkskommels vir nagereg. Foto: Terésa Coetzee

Besoek texanwingbar.com vir meer besonderhede.

Meer oor:  Texan Wing Bar  |  Montecasino  |  Restaurant  |  Brandvlerkies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.