Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Maak ekstra tyd vir familie tydens etes

Dit is ’n gegewe dat ’n maaltyd oor veel meer as net voeding gaan. Dit is ’n manier om te kommunikeer, kreatiwiteit uit te druk en herinneringe te skep. Dit is ook ’n manier om ’n spesiale geleentheid te vier en uiteindelik speel kos ’n belangrike rol om mense bymekaar te bring. Dit word deur baie mense as kwaliteittyd beskou.

Maar met ons vinnige en moderne lewenstyle is dit nie altyd moontlik om saam tyd aan tafel deur te bring nie.

Lancewood het onlangs ’n kwaliteittyd-studie gedoen om insig te kry oor die kook- en eetgewoontes van Suid-Afrikaanse gesinne, hoeveel kwaliteittyd saam deurgebring is tydens etenstye en watter hindernisse gesinne het om saam ’n ete aan tafel te hê.

Volgens die studie het 89% van die respondente gesê dat kwaliteittyd saam met hul gesinne belangrik is, terwyl talle mense aangedui het dat dit nie altyd moontlik is nie weens die toenemende veeleisende, moderne lewenstyl. Daar is aanlyn met 2 100 respondente, wat gesinne oor Suid-Afrika verteenwoordig, onderhoude gevoer.

Volgens die respondente is werksverpligtinge en daaglikse pendel groot hindernisse vir gesinne wat tyd saam wil deurbring. Maar 59% van die respondente het egter gesê dat die inperking daartoe gelei het dat hulle nou meer dikwels saam ’n maaltyd geniet en 43% kook nou meer gereeld saam.

34% van die respondente het gesê hulle bring etenstye by die etenstafel deur.

“Om ’n ruimte in jou huis te skep om te eet en jou kop skoon te kry en teenwoordig te wees, is ook ’n goeie manier om kwaliteittyd te hê. Probeer, waar moontlik, jou werkruimte skei van die area waar jy eet,” sê Vicki Sleet, voormalige tydskrifredakteur en stilis.

Shereen Anderhold, bemarkingsbestuurder van Lancewood, sê om goeie maaltye met jou gesin te skep “gaan oor die eenvoudige dinge wat gedoen kan word om klein oomblikke spesialer en minder alledaags te maak”. “Dus is dit ’n goeie idee om bietjie kreatief te wees en nuwe maniere te vind om ou gunstelinge te bedien. Om jou maaltye vooruit te beplan, in grootmaat te koop, kos vooraf gaar te maak en te vries, help dat jy meer vrye tyd het en geld spaar.”

Volgens Vanessa Raphaely, voormalige redakteur van Cosmopolitan, hoef elke maaltyd nie formeel te wees nie. “Net om ’n broodjie saam te eet, of selfs ’n koppie tee te drink, kan wondere doen om gesinne te help om tyd saam deur te bring. Jy kan eenvoudige maniere vind om ’n maaltyd saam te geniet.”

Meer oor:  Familie  |  Studie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.