Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
‘Maklik met Marinda’: Tamatie-bloukaastert

Op VIA (DStv-kanaal 147) se kosprogram Maklik met Marinda gee die eksentrieke Marinda Engelbrecht kitsklasse vir bekendes wat sukkel in die kombuis. In dié episode: Marinda kook saam met die aktrise, Esther von Waltsleben.

Esther kook nie, maar Marinda hoop om Esther te inspireer met ’n paar maklike idees.

foto
foto
foto

Tamatie-bloukaastert

Deeg

250 ml meel

80 ml botter

45 ml koue water

2,5 ml sout

(Of, jy kan sommer ’n pakkie gevriesde “short pastry” koop.)

Vulsel

2 groot tamaties

185 g bloukaas

90 ml room

Peper

Tiemie

Olyfolie

  • Meng al die bestanddele vir die deeg saam en voer ’n losboompan uit met die deeg.
  • Plaas in die yskas en laat dit rus vir 30 minute.
  • Bak die kors blind teen 180 ºC vir 15 minute of totdat die deeg gaar is.
  • Verwyder dan die bakpapier en bone/rys wat jy gebruik het, en bak ’n verdere 5 minute tot goudbruin en bros. Of, berei die gekoopte deeg soos aangedui op die pakkie.
  • Intussen, plaas die tamaties in ’n groot bak, bedek met kookwater en laat dit staan vir so ’n paar minute. Trek dan die skilletjies af en sny die tamaties in skywe.
  • Plaas die bloukaas in ’n ander mengbak, maak dit sag met ’n vurk en meng die room by.
  • Wanneer die kors klaar gebak en afgekoel het, smeer die kaasmengsel oor die deegkors.
  • Pak ’n laag tamatieskywe bo-op die kaas, strooi peper, tiemie en olyfolie oor na smaak.
  • Bak nou weer teen 160 ºC vir 20 minute of totdat die vulsel gaar is.
  • Bedien 4 ruim porsies as ligte maaltyd saam met ’n vars slaai.
  • Maklik!

Meer oor:  Resepte  |  Via  |  Maklik Met Marinda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.