Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Mengeldrankies wat verfris én alkoholvry is

Wat is die grootste rede waarom die meeste mense eerder uitgaan vir ’n mengeldrankie as om dit self by die huis te maak? Die antwoord is eenvoudig: te veel bestanddele word benodig én dit is te veel moeite om te maak.

Dit was die probleem tot nou toe, maar danksy Fitch & Leedes se nuwe Moment-reeks kan jy dit nou met net die oopmaak van ’n blikkie geniet.

Die Moments-reeks bestaan uit ’n verskeidenheid van gunsteling-mengeldrankies wat vir enige geleentheid gepas is, veral aangesien dit alkoholvry is.

Vir elke geleentheid is daar ’n blikkie van Fitch & Leedes se Moments-mengeldrankies – van ’n klassieke G&T tot ’n Mimosa vir ontbyt.Foto: VERSKAF

Of jy nou deelneem aan “droë Januarie”, ’n verantwoordelike bestuurder is wat iets lekker soek om te drink, swanger is, óf ’n beperkte drankkabinet het weens die alkoholverbod – hierdie blikkies is die antwoord op alles.

Nie net is dit lekker nie (want wie hou nie van ’n mengeldrankie nie?), maar die blikkie-verpakking is so gerieflik en kan selfs in jou handsak gegooi word vir ’n vinnige bederf by ’n ete of ná ’n lang dag.

Wat kan jy verwag van Moments?

In die reeks is onder meer ’n Shirley Temple, tradisioneel gemaak van gemmerlim en granaatsap en afgerond met kersies. Hierdie weergawe van die klassieke mengeldrankie het ’n effense vonkel en is gepas vir lekker warm dae. Daar is ook ’n Pink G&T vir die luilekker somerdae wat verfrissend is met smake van sitrus, jenewerbessie, komkommer en rooswater.

Vir ontbyt óf laatontbyt is die Blushing Mimosa net die antwoord met vonkel, lemoensap en ’n bietjie bosbessie

Laastens is die Island Fish Bowl met tropiese geure om te vergoed vir daardie eilandvakansie wat jou hierdie somer ontwyk. Jy kan uitsien na kokosneut, sitrus en die smake van blou Curaçao-likeur met ’n vonkel – dit sal voel asof jy op die strand is.

Om ’n gunsteling in die reeks te kies is moeilik, maar ek self het tydens my somervakansie dit opgedeel om tydens verskillende tye van die dag te geniet: die Blushing Mimosa is ’n wenner saam met ’n ontbyt wat veral iets soos bagels en croissants bevat terwyl die Island Fish Bowl ’n welkome lafenis op vuurwarm dae was. Die Pink G&T kan letterlik enige tyd van die dag geniet word en Shirley Temple is (nes sy naamgenoot) so elegant dat dit gemaak is om tydens sonsondergang saam met ’n kaasbord te geniet.

Die Moments-mengeldrankies moet beslis hierdie somer op jou lysie wees. Nie net omdat dit tans beskikbaar is nie, maar ook oor dit bitter lekker en verfrissend is.

  • Fitch & Leedes Moments is by meeste winkels beskikbaar teen ongeveer R12,99 per 300 ml-blikkie en R79,99 per sespak.
  • Bestel ook aanlyn deur www.fitchleedes.co.za/order-online te besoek.
Meer oor:  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.