Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Mexikaanse kos op sy beste

Dit was Saterdagaand en die eerste keer dat ons gesin weer gaan uiteet het.

Montecasino was nog altyd een van my gunsteling-naweekbestemmings, juis vanweë die lekker gesellige atmosfeer wat altyd daar heers en die groot verskeidenheid restaurante.

Daar is geen beter manier om die Covid-19-blues te besweer as met lekker kos soos by La Rosa nie. Foto: Terésa Coetzee

Parkeerplek is op die oomblik gratis en dit was gerusstellend toe ons koors reeds by die ingang gemeet is. Nie al die re­staurante is al oop nie, maar die Mexikaanse eetplek La Rosa het wel besoekers verwelkom terwyl sosiale afstand tussen die tafels streng toegepas is.

Vir liefhebbers van Mexikaanse geregte is daar vele hoogtepunte op die spyskaart.

Ons het groot borde met verskillende happies bestel om ’n verskeidenheid kon proe.

Voorgereg: Nachos grande (R115) bestaan uit tortilla-skyfies met ’n gesmeltekaassous, mozzarella, cheddar en jalapenos bo-oor. Word bedien met salsa, guacamole en ’n suurroom.

Hoofgereg: Quesadillas met wilde sampioene, knoffel, kruie en feta (R85). Fajitas met geroosterde hoender en drie tortillas met verskillende souse (R125). Oaxaca-lam barbacoa (R142) met geroosterde lamskouer met feta.

Nagereg: Churros (R55). Seker die beste churros in die land!

Meer oor:  Kos  |  Restaurant  |  Mexiko
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.