Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
My appel my liefie

As dit kom by ’n sakkie appels, is die kosmaak-opsies oneindig, skryf Errieda du Toit.

’N Appeltjie te skil. Appels wat nie ver van die boom af val nie. Die gelukskoot om nog iets vir ’n appel en ’n ei op te raap. Appels dra ’n mandjievol lekkerte tot ons spreektaal en ons tafels by.

Ek het pas ’n voorsmaak gekry van ’n nuwe appelkultivar – die Flash Gala – wat van middel April op die rakke sal wees. Een is dadelik blink poleer en groot happe van geneem. ’n Ander is in skywe gesny en met ’n goed verouderde sterk kaas verorber, my gesin se gunstelingversnapering.

Foto’s: IAN DU TOIT

Die klassieke kombinasie van appel en kaas vind ook sy pad na jafels en braaibroodjies. Appel, bloukaas en okkerneutslaai verskyn saam met varktjoppies en op ’n koel herfsaand word appel-en-cheddarsop in kommetjies geskep en met kraakbeskuitjies geniet.

Dié duo vorm ’n ongewone bolaag vir pizza saam met roosmaryn. Gekombineer met salie het dit my standaard-kaasskons verhef tot high-tea-statuur.

Appels geniet ook die geselskap van Dijon-mosterd. Hiervoor deel ek my resep vir hoender wat in sider gestowe word en met ’n mosterdroomsous en bottergebraaide appelwiggies voorgesit kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.