Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
’n Hele wêreld binne Montecasino

’n Ervaring van Italië, kompleet met die blymoedigheid, hartstog en impulsiwiteit waaraan die Italianers gekenmerk word.

Talle van die gaste gryp na hul slimfone om hul jenewer met kina-water, wat pragtig met vrugte en gesiggies versier is, af te neem. Foto: BLOWFISH PRODUCTIONS

Dít was die atmosfeer wat Montecasino in Fourways, Johannesburg, verlede Donderdag vir sy heel eerste Secret Supper-klub geskep het.

Vir dié ekspedisie het die sowat 40 gaste almal tekkies by hul deftige aandrokke en baadjiepakke na die 3Sixty ° Liquid Lounge gedra.

Gareth Kaschula, bemarkings­bestuurder van Montecasino, sê dié glansgeleentheid bewys waarom die casino se restaurante 11 Best of Joburg-pryse opgeraap het.

Benewens die pryse, is Monte­casino se Teatro as die beste teater in Johannesburg aangewys en is die casino ook volgens Johannesburgers die beste plek om te besoek as jy na groot sportwed­stryde wil kyk.

“Ons gebruik die geleentheid ook om te wys watter verskeidenheid ons veral op Oujaarsaand bied, maar Monte is ook jou bestemming vir jaareindfunksies, Kerspartytjies en familiebyeenkomste,” sê Kaschula.

Ná die eerste glas Pongrácz-bruiswyn het Giovanni, die toergids en dorpsomroeper, sy eerste raaisel uitgelees. Die antwoord op sy raaisel was die volgende bestemming. As jy die eerste een was om die antwoord met die hutsmerk MonteYearEnd te twiet, het jy ’n koopbewys na dié restaurant gewen.

Die speletjie sou die res van die aand só werk.

Jy was wel in die fantastico Montecasino, met die atmos­feer steeds Italiaans, maar jy het wel ’n smakie van verskillende lande in al die restaurante gekry.

Die gaste was mal oor die soesji wat by FireRoom voorgesit is. Foto: BLOWFISH PRODUCTIONS
’n Toneel geliefdes wat dans terwyl ’n groep jaloerse mans toekyk. Foto: JEANELLE GREYLING
’n Toneel van Giovanni, die toergids en dorpsomroeper, en sy meisie wat stry kry. Foto: JEANELLE GREYLING

Die gaste het borde by Mythos gebreek, Aperol Spritz gedrink en Griekse kos geëet terwyl ’n glimlaggende ou man trekklavier gespeel het.

By FireRoom het ons Malfy se lemoengeur­jenewer gedrink en soesji en Tomahawk-steak – wat voor ons aan die brand gesteek is – geëet.

Col’Cacchio het ons bederf met ’n Woo Woo-skemerkelkie van onder meer wodka, perskesnaps en bosbessiesap.

The Hussar Grill het ’n verskeidenheid van nageregte, soos crème brûlée, ’n sjokolade-vulkaan, malvapoeding, gelato en sjokolade-martini, be­dien wat met Brut-vonkelwyn afgesluk is.

Opvoerings soos besielende danse, rusies tussen paartjies en sangoptredes het tot dié onvergeetlike ervaring by­gedra.

Meer oor:  Italië  |  Montecasino  |  Restaurant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.