Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Nederburg bied vele verrassings

Nederburg is ná al die jare steeds ’n spesiale plek in die Paarl.

Met die Drakensteinberge op die agtergrond is die herehuis, wat in 1800 gebou is, ’n puik voorbeeld van Kaaps-Hollandse argitektuur.

Proe Nederburg se bekroonde cabernet sauvignon-wyne as deel van hul proe-opsies.

Rondom die huis is daar ’n groot tuin met ’n uitsig op die wingerde – ’n indrukwekkende omgewing vir ’n dag gevul met kos en wyn.

The Red Table-restaurant op die perseel word in samewerking met die Kaapse koskenner Andrea Foulkes vanuit die herehuis bedryf en bied vars disse met plaaslike bestanddele in ’n historiese atmosfeer. Die klem val op smaaklike, eenvoudige maar uitmuntende kos met smake wat by die reeks Nederburg-wyne pas.

By Nederburg se besoekersentrum kan gaste ’n groot verskeidenheid van Nederburg se wyne proe, onder meer The Winemasters-wyne in die klassieke styl wat jy elke dag kan drink, en spesialiswyne soos die Manor House-, Heritage Heroes-, Ingenuity- en Two Centuries-versamelings.

Gunstelinge van die proe-opsies sluit in die proe van vier van Nederburg se bekroonde cabernet sauvignon-wyne, die soetwyn-en-lekkernye-proe, asook die geleentheid om van Nederburg se baie skaars, ou wyne te geniet.

Daar is ook wynproeë waar die wyne gepas word saam met bokmelkkase of roomys. Smul ook aan hul peuselborde met versnaperings soos souttertjies, neute, olywe, chorizo, brood, botter, slaai en patee.

Nederburg spog met ’n trotse geskiedenis wat na 1791 terugstrek toe Philippus Wolvaart hom hier gevestig het.

Die Ou Kelder-museum vertel dié verhaal met wonderlike artefakte en afbeeldings.

Hier kan jy meer ontdek oor Nederburg se stamboom en sy baanbrekersgees tydens die toer wat om 11:00 aangebied word.

Jy móét tydens jou besoek ’n slukkie van een van sy mees bekroonde wyne, The Winemasters Noble Late Harvest, geniet.

Keldertoere is ook beskikbaar om 15:00 op weeksdae en moet vooraf bespreek word.

Jy móét tydens jou besoek ’n slukkie van een van sy mees bekroonde wyne, The Winemasters Noble Late Harvest, geniet.

Die 2017-oesjaar het vyf sterre in die 2018 Platter’s South African Wine Guide gekry, en sit daarmee ’n feitlik ononderbroke rekord sedert 2008 voort.

Dié gewilde soetwyn word wêreldwyd gereken. Britse wynskrywer Tim Atkin het dit onlangs 93 punte gegee.

Elmarie Botes, Nederburg se witwynmaker, glo die samevoeging van verfrissend lewendige suur en heuningsoetigheid met sweempies steenvrugte sorg vir die aanloklikheid van dié wyn.

Dit is ’n versnit van chenin blanc met edelvrot, en muscat de frontignan.

  • Van 11 tot 16 Junie bied The Red Table-restaurant ’n fees van shiraz en wildsvleis tydens Shiraz SA se Seven Days of Shiraz & Venison aan.

Teen slegs R395 per persoon kan gaste ’n driegang-maaltyd geniet wat insluit springbox-gravlax (individuele prys is R115), springbok-lendeskyf met soetpatat-gnocchi (R225), asook rooiwyn- en donkersjokoladekoek met shiraz-geposjeerde pere (R95).

Loer ook in by die besoekersentrum vir ’n gratis proe van Nederburg se Manor House Shiraz 2016 en The Winemasters Shiraz 2017, bedien saam met blokkies donkersjokolade marquise met Turkse-lekker-robyne. Ook beskikbaar op Vadersdag op 16 Junie.

Jou kontak: Besoek www.nederburg.co.za vir nader besonderhede, skakel 021 862 3104 of stuur e-pos aan ned­wines@distell.co.za.

Om ’n bespreking te maak by The Red Table, skakel 021 877 5151 of stuur ’n boodskap aan theredtable@nederburg.co.za.

burger
Die gepluisdevarkburger van The Bistro by Grande Provence is deel van hul winter­-aanbod. Foto: Verskaf

Nóg winteraanbiedinge

’n Winterfees

Dis amper weer tyd vir Franschhoek Winter Wines, waar jy van die streek se beste rooiwyne kan geniet. Oor drie naweke kan besoekers aan die Franschhoek-kelder die wynmakers agter die wyne ontmoet terwyl hulle die koue trotseer met ’n lekker glasie rooiwyn. Saam met die rits rooiwyne wat by die fees beskikbaar gaan wees, is daar ook ’n magdom kos om die bytende koue teen te werk.

Geniet ook die dag met die musiekvermaak wat verskaf word.

Toegang en kaartjies vir die begeleide proeë is beperk en belangstellendes word aangeraai om vooraf te bespreek.

Wanneer? Saterdag 15 Junie van 11:00 tot 16:00

Waar? Franschhoek-kelder

Kaartjies? R295 per persoon by www.webtickets.co.za. Die kaartjie sluit in ’n wynglas, die proe van ál die wyne op die fees en ’n R20-koepon wat op die dag gebruik kan word.

Meer inligting: Skakel 021 876 2861 of stuur ’n e-pos na info@franschhoek.org.za.

WEN! Een gelukkige leser kan twee kaartjies vir die fees wen. Stuur ’n e-pos met Winter Wines in die onderwerplyn na versnit@dieburger.com. Verskaf ook jou selfoonnommer en die naam van die persoon saam met wie jy die fees gaan bywoon.

Van burgers tot seekos

The Bistro by Grande Provence het vanjaar ’n winteraanbod waarvoor plaaslike inwoners omtrent hul lippe kan aflek.

Teen slegs R180 per persoon kan jy die wintermiddagete geniet saam met ’n glas Angels Tears-wyn.

Dié bistro in Franschhoek bied onder meer ’n gepluisdevark- of biefburger wat met uieringe, tjips en koolslaai bedien word; vis en tjips bedien met ertjies en tartaresous; of ’n romerige mosselpot bedien met knoffelbrood.

Vir ’n bederf kan jy ook die seekosbord bestel met mossels, garnale, calamari en meer teen R360 vir twee mense.

Verder is daar ook die sop van die dag met varsgebakte brood.

The Bistro is Maandae tot Sondae van 11:00 tot 16:00 oop.

Jou kontak: Skakel 021 876 8600 of stuur e-pos na reservations@grandeprovence.co.za om te bespreek.

Meer oor:  Nederburg  |  Versnit  |  Wyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.