Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Nog ’n dag, nog ’n unieke toebroodjie

In die eerste episode van Uit die spens het toebroodjies koning gekraai. Hier volg resepte vanuit die program om jou vroegoggend- of laatmiddagete bietjie op te kikker.

Hoe klink ’n toebroodjie met beet en wortel? In 1935 was dit ’n treffer! Asook die spek-en-piesang-broodjie met eier (links). Foto’s: VERSKAF

Die resepte vir die eerste uitsending van Uit die spens kom uit Die Burger uit die berigte “Oplossing vir die toebroodje-probleem” wat op 31 Januarie 1935 verskyn het, en “Lekker Piekniekkos: Toebroodjies” van 17 Oktober 1935.

In die program het ’n voormalige redakteur van Die Burger, Bun Booyens, die oorspronklike resep gemaak, en die musikant en sjef Moskou du Toit het die moderne weergawe gemaak.

Probeer gerus gesnipperde appel en pynappel, of rosyntjies en dadels op bruinbrood (links) of gemmerkonfyt en gerasperde sjokolade (regs).
Piesangbrood word gebruik om Franse roosterbrood te maak met spekkonfyt vir ’n moderne weergawe.
Die moderne weergawes van Die Burger se resepte sluit in: bo is ’n spekkonfyt brodjie, regs is een met gesmelte kaas en onder is een met ’n slaai van beet en wortel.

Maak só unieke toebroodjie

  • Tamatiepuree en roomkaas of wortels, rape en rooibeet smaak heerlik saam. Laasgenoemdes word eers gekook, fyngesny en met room of mayonnaise nat gemaak.Moderne resep: Die beet en wortel word in repies gesny en in sesamolie, asyn, knoffel en gemmer gebraai voor dit op die brood geplaas word.
  • Ook baie smaaklik is ’n samestelling van gesnipperde appel en pynappel, of rosyntjies en dadels by bruin brood.

Moderne resep: Moskou maak ’n appel-en-pynappel-konfyt en bedien dit op brood wat in botter gebraai word.

  • Bruinbrood, botter, gemmerkonfyt en gerasperde sjokolade is ’n goeie alternatief vir die soettand.

Moderne resep: Moskou smelt die sjokolade met room en versuikerde gemmer ingemeng. Die brood word in botter gebraai.

  • Druk drie piesangs saam met twee hardgekookte eiers fyn, voeg hierby drie stukkies gebraaide spek wat jy fyngekap het, en gooi sout en Cayenne­peper by na smaak.

Sny die rolletjie middeldeur en vul die binnekant met die mengsel.

Moderne resep: Hier maak Moskou bacon jam (spekkonfyt) saam met rooiui, appel, bietjie rooi-asyn en ’n klein bietjie heuning – wat alles saam in ’n pan gebraai word. Hy berei dit dan saam met ’n Franse piesang-roosterbrood voor en sit die spekkonfyt daarop.

Meer oor:  Uit Die Spens  |  Resepte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.