Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Nuwe Finesse betree die deftige dertigs
Besoek De Wetshof by Robertson as jy jou chardonnay-kas se voorraad wil aanvul.Foto: verskaf

De Wetshof word nie verniet die “huis van chardonnay” genoem nie, want as dié druifsoort jou guns­teling is, sal hulle een in jou smaak hê.

Gehout, ongehout, volrond en swaarder of in ’n ligter styl, by hierdie kelder net buite Robertson kan jy kies en keur tussen vyf chardonnay-wyne.

Vanjaar is dit die De Wetshof Finesse se beurt om in die kollig te pronk nadat die 2019-oesjaar se produkte pas uitgereik is. Dit is die 30ste oesjaar dat die Finesse-wingerde ingespan word om dié wyn te maak.

Wat die wyn verder spesiaal maak, is die feit dat Danie de Wet, eienaar, dit in 1989 aan die mark bekend gestel het as ’n ligte en ligter gehoute chardonnay – glad nie soos die ander chardonnay op die rakke nie.

Die meeste chardonnay-wyne was daardie tyd swaar gehout. Die doel met die ligter wyn was om die varsheid van die chardonnay-druif te beklemtoon.

Net die bes(te) vir Finesse

Dit is duidelik waarom die Finesse so gewild is, want dit is voorwaar ’n wyn wat saam met enig kos of by enige geleentheid geniet kan word.

Of jy nou vriende ontvang vir ete, jouself wil bederf, dit tydens ’n dag in die son of in die huis, knus teen die koue, wil drink, Finesse is dáár. Dit kan gedrink word saam met vleis óf vis, want die ligtehout-karakter laat dit toe.

Die klipperige gruisgrond waarin die wingerde groei, het ’n hoë kalkinhoud, wat bydrae tot die sukses van chardonnay op die plaas, én veral die area. Die druiwe het dus ’n gebalanseerde pH wat kompleksiteit en verouderingsvermoë gee.

Wat verder uitstaan, is die sitrus wat na vore kom en ’n natuurlike suur wat jou mond net genoeg laat water om nóg te wil drink. Sien uit na aromas en smake van lemoen en lemmetjie, met ’n tikkie peer. Daar is geen teken van die botter-kenmerk waarna jy soek in chardonnay nie, maar eerder ’n ligte neuterigheid en ’n nasmaak wat lank sal hou.

Boonop is hy nou reg vir die drink of hy kan gestoor en oor ’n paar jaar geniet kan word.

’n Elegante chardonnay wat lig, vars en lekker is – ’n moet vir elke wynkabinet.

  • Kry jou bottel Finesse 2019 aanlyn by www.dewetshof.com of by die kelder van Maandae tot Donderdae. Dit kos R147 per bottel.
Meer oor:  Chardonnay  |  Dewetshof  |  Versnit  |  Finesse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.