Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Nuwe inisiatief om Franschhoek se ondernemings ook te help

Ná die reusesukses van die Support Stellenbosch Restaurant Campaign, wat net meer as R1,7 miljoen vir restaurante in die Stellenbosch-omgewing ingesamel het, het die Franschhoek-wynvallei se toerismeorganisasie met iets soortgelyks begin.

Die Save The Franschhoek Restaurant Appeal is daarop gemik om genoeg geld in te samel om betrokke ondernemings in die streek te help, wat die grootste impak van die onlangse beperkings ervaar het asook die Covid-19-pandemie in geheel.

Die inisiatief, in samewerking met SnapScan, stel besoekers in staat om nie net plaaslike ondernemings te ondersteun nie, maar om ook die vallei se skoonheid te ervaar.

Wanneer inwoners en besoekers aan die veldtog, wat later vanjaar sal begin, deelneem, sal hulle ’n koopbewys ontvang nadat hulle SnapScan gebruik het om by deelnemende restaurante te betaal. Die koopbewyse kan deur SnapScan gekry word by enige van die ondernemings in en rondom die Franschhoek-streek wat ook aan die veldtog deelneem. Sodoende sal inwoners en besoekers hul inkomste in die ekonomie van die streek terugploeg om ondernemings en hul werknemers in die omgewing te bevoordeel.

Plaaslike ondernemings het ook ingespring met onafhanklike inisiatiewe om behoeftiges te help.

Haute Cabrière sal vir elke bestelling van twee of meer bokse wyn via hul aanlyn winkel R100 skenk en bied gratis aflewering binne 48 uur nadat die verbod opgehef word.

Rupert & Rothschild, La Motte-wynlandgoed, Anthonij Rupert Wyne, Rickety Bridge-landgoed, Boekenhoutskloof, Boschendal, Old Road Wine Co., Bellingham en Franschhoek-kelder het onderskeidelik ruim aan die inisiatief geskenk, met die totaal wat reeds net meer as R1,1 miljoen beloop.

  • Vir meer inligting, kontak Ruth McCourt, bemarkingsbestuurder van die Franschhoek-wynvallei, by marketingmanager­@­fransch­hoek.org.za.
Meer oor:  Franschhoek  |  Wyn  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.