Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Nuwe klone geproe
Die Vititec-proe het vanjaar interessante klone gehad om met die wynbedryf te deel.Foto: VERSKAF

Die klone van druifsoorte soos sauvignon blanc, grenache noir en macabeau is onlangs in die Paarl geproe en met die belangstelling wat reeds in van hulle getoon word, kan dit dalk binnekort in jou wynglas wees.

Vititec, verskaffer van wingerdplantmateriaal, het verlede week ’n wynproe in Vinpro se kantore in die Paarl aangebied. Die wingerde is besoek en die nuwe wyne is geproe.

Van die wyne wat geproe is, sluit in onder meer klone van bekende druifsoorte soos sauvignon blanc, viognier, pinot noir en malbec in. Ander druifsoorte wat geproe is, is die minder bekende – maar ewe lekker – grenache noir, tempranillo en zinfandel.

Altesaam 20 nuwe en bestaande wyndruifklone is dié dag geproe en bespreek.

Altesaam 20 nuwe en bestaande wyndruifklone is dié dag geproe en bespreek. ’n Paar van die nuwe klone kan opwinding in die wynbedryf veroorsaak.

Hierdie druifsoorte groei in die klonetuin met sy 255 verskillende klone wat in 2017 buite Vinpro se kantoor in die Paarl aangelê is. Die doel is om nuwe wyndruifklone en druifsoorte aan die bedryf bekend te stel.

Volgens Charles Visser, Vititec-wingerdboukundige, word die beoordeling op ’n spesiale proekaart gedoen, wat belangrike kriteria soos die kwaliteit en intensiteit van die geur insluit, asook of dit tipies van die druifsoort is. Hy meen dat die proe van die klone ’n geleentheid bied aan wynmakers om aan te dui wat die kommersiële potensiaal van die klone is. “Die terugvoer uit die bedryf is broodnodig en rigtinggewend. Hoewel dit ’n lang proses van invoer tot produksie is, is die belangstelling in spesifieke klone en druifsoorte ’n goeie aanduiding of die plantmateriaal vermeerder moet word.”

Op verlede week se proe het die grenache noir, vermentino en macabeau veral uitgeblink. Die rooi druifsoort grenache noir is meer bekend en ’n rits Suid-Afrikaanse kelders produseer dit as ’n enkeldruifsoortwyn en op die proesessie is twee klone voorgesit wat albei uit Frankryk kom. Die ander twee is die minder bekende vermentino en macabeau, albei wit druifsoorte met die klone se oorsprong wat uit Frankryk is.

Marko Roux, ’n onafhanklike wingerdkundige, sê die grenache noir kloon 513 is veral belowend: “Dit bied weerstand teen droogte en wind, groei baie goed en gee goeie opbrengste.”

Meer oor:  Wyn  |  Sauvignon Blanc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.