Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Ontbeende springboksosatie met ’n braaibroodjie
Sjef Sarel Koortzen se springboksosaties en braaibroodjies sal ’n wenner wees by enige kuier op Braaidag. Foto’s: DENISE KOORTZEN
Sarel Koortzen.

Vir sjef Sarel Koortzen van Kgalagadi Lodge-restaurant bied die somer en die Kalahari oneindige moontlikhede aan besoekers om eiesoortige erfeniservaringe op te doen.

Saam met die inheemse inwoners deel hulle ’n besonderse stukkie geskiedenis wat besoekers huis toe stuur met bakkies vol kennis en avontuur.

Sarel wil graag die Braaidag-braaivuur by lesers aansteek met sy resepte vir ontbeende springboksosaties, toegedraai in repies spek met ’n interessante sam­pioenbotter met basiliepesto, en braaibroodjies van tamatie, mozzarella en gebraaide spek, wat nog lank sal luier by besoekers aan dié mooi wêreld.  

Vir die sosatie

Genoeg vir 4 tot 6 mense

400 g springbokfilet, in wiele van 5 cm gesny

120 g spek

60 g sampioene, fyngekap

’n halwe ui, fyngekap

50 g gesoute botter

1 groot groenrissie

1 heel vars pynappel

growwe sout en peper na smaak

braaimarinade

sap van een suurlemoen

80 ml olyfolie

baie growwe swartpeper

Metode

Marineer die filetwiele in die suurlemoensap, olyfolie en growwe swartpeper.

Gooi olie in pan en braai uie tot goudbruin. Voeg sampioene by en braai tot sag en gaar. Sprinkel met sout en peper en laat bietjie afkoel. Wanneer uiemengsel lou tot koud is, roer botter by en laat afkoel.

Sit filetwiele plat neer met grein na onder. Maak ’n sny in die kant van die filetwiel om ’n sakkie te vorm. Skep sakkies met ’n teelepel vol uie-en-sampioenmengsel. 

As daar oorbly, smeer teen die kante. Draai dan toe met spek en gebruik ’n sosatiestokkie om die spek in plek te hou.

Herhaal met al die filet­wiele; wissel af met soetrissie en pynappel.

Braai oor warm kole tot ­medium of medium-rou.

Laat rus vir vier tot ses ­minute.


Vir die braaibroodjie

4 snye wit of bruin brood

45 ml basiliepesto

30 ml botter

80 g mozzarella

30 g sterk cheddar

3 repies gebraaide spek

1 tamatie, in skyfies gesny

Metode

Smeer alle snye met botter aan eenkant, gevolg deur die pesto. Gooi bietjie kaas tussen die buitenste twee snye.

Sit dan die repies spek en tamatie op en strooi die res van die kaas op. Sout en peper na smaak.

Terwyl die sosatie rus, krap die kole eenkant toe.

Plaas broodjies op roosterkant waar kole weggekrap is.

Braai dit oor lae hitte gebraai sodat die kaas lekker kan smelt en die brood mooi goudbruin word.

Meer oor:  Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.