Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Op Suidooster-kombuis se Sondagtafel

Suidooster, kykNET en kykNET & Kie se geliefde sepie, vertel die storie van ’n winkel-en-sakesentrum met dieselfde naam in Ruiterbosch. In dié Kaapse voorstad leef en werk die Samsodiens, Jacobse, Octobers, Du Plooys en Gerbers saam.

Suidooster-kombuis word deur Human & Rousseau uitgegee. Dit kos R280 by boekwinkels.

Almal wil altyd weet wat in wie se kospotte prut. Nou is daar Suidooster-kombuis, ’n kookboek vol smake wat die karakters en kykers saam ervaar.

Die bekende kosskrywer Errieda du Toit het saam met die karakters Sharleen Jacobs (almal ken haar as Mrs J), Mymoena Samsodien en Stefan Gerber gewerk om die kookboek saam te stel. Dis ’n persoonlike kykie na die kos wat hulle graag maak en met ander deel.

Errieda het uit die boek ’n Sondagtafel saamgestel.

“Met soveel heerlikhede uit Suidooster-kombuis is dit nie moeilik om resepte te kry om ’n Sondagtafel te dek nie.

“Vra jy vir Mymoena, sal sy aanbeveel jy maak haar tradisionele denningvleis met geelrys en sambals. Maak dié lamsvleisgereg met die heerlikste dik, blink, diepbruin soetsuursous en kuiermense sal wéét jy dink hulle is spesiaal as jy dit voorsit.

“Vra jy vir Stefan, gaan hy aanbeveel dat jy vir ’n ete op die agterstoep snoek braai en dit voorsit met sy kerriedruiwe én ’n enorme roosterkoek wat die hele rooster vol lê. Of vir ’n lang kuier om die eetkamertafel sy lig-gekerriede fillo-hoenderpastei, ’n kinkelresep geïnspireer deur sy ma se Sondag-hoenderpastei en haar Coronation-kerriehoenderslaai.

“Vir Mrs J is dit nie eens onderhandelbaar nie: Sondag is ’n spesiale dag waarvoor jy ’n skaapboud in die oond sit, met al die trimmings soos braaiaartappels. Sy sit sommer geelrys ook op die tafel, en haar beroemde koolkasserol (met bietjie Marmite in die witsous vir oemf).

“Almal stem saam, Sondag is nie Sondag sonder malvapoeding nie – Mymoena se kardemom-malvapoeding is in ’n klas van sy eie, reken almal in Ruiterbosch.”

Meer oor:  Boek  |  Kookboek  |  Suidooster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.