Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Paas-plesier

Hoe gemaak as jy meer as genoeg Paasbolletjies en -eiers het?

Jy raak kreatief daarmee. Hier is ’n paar idees.

Paasfees is vir álmal ’n tyd van eet, maak nie saak watter geloof jy aanhang nie. Daar is dikwels te veel sjokolade en Paasbolletjies.

Meestal eet ’n mens die Paasbolletjies met net ’n bietjie botter en stop jou kieste vol stukkies Paaseier. Hier is egter ’n paar idees om hierdie twee hoofbestanddele van Paasfees saam te geniet.

Probeer dié twee liplek-resepte

RESEP 1

Pick n Pay het met ons een van hul heerlike Paasbolletjieresepte gedeel.

Paasbolletjies met malvalekker-sjokolade-vulsel

6 van jou gunsteling Paasbolletjies

150 g melksjokolade

12 malvalekkers

Maak so:

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Sny die Paasbolletjies oop en rooster die gesnyde kante liggies in ’n droë pan.

Breek die sjokolade in stukkies en sprinkel dit oor al die broodjies op die warm kante.

Sit ’n malvalekkers op elke broodjie.

Sit twee broodjies opmekaar, sodat dit weer soos ’n Paasbolletjie lyk. Draai toe in foelie en bak vir tien tot vyftien minute.

Bedien warm.

RESEP 2

Die blogger Mokgadi Itsweng (www.kitchenmartyr.blogspot.com) vervang die sjokoladestukke op haar warm Paasbolletjies met ’n heerlike, dik sjokoladesmeer. Sy sê dis veral die oorskietpaaseiers wat hier nuttig is.

Oorskietpaaseier-sjokoladesmeer

Jy benodig:

225 g stukkies oorskiet sjokolade, sommer alles wat jy het gemeng

50 g botter

25 g grondboontjiebotter

110 ml room

Maak so:

Smelt die sjokolade in ’n bakkie oor kookwater. Wanneer dit gesmelt is met ’n gladde tekstuur, voeg die botter by en meng goed. Voeg dan die room by en meng weer goed. Voeg laaste die grondboontjiebotter by en meng tot glad. Gebruik dit in plaas van sjokoladestukke op jou Paasbolletjies met malvalekker-sjokolade-vulsel.

Nog oorskiet-idees

  • Maak sjokolade-bas met oorskiet Paaseierstukke. Smelt 160 g melk- of witsjokolade in die mikrogolfoond tot glad. Gooi dit uit op bakpapier en smeer in ’n laag van sowat 5 mm dik. Vat nou al jou oorskietpaaseiers en sprinkel dit bo-op. Die klein eiers, soos gespikkelde eiers, kan jy heel hou. Die groter eiers moet jy kleiner breek, voordat jy dit bo-op sprinkel. 
  • Deel met ander. Gebruik papiersakkies om oulike haaspakkies te maak en verpak die oorskieteiers daarin. Maak so: Pak ’n paar eiers in ’n papiersakkie, nie voller as halfvol nie. Bind die sakkie toe met ’n toutjie. Knip die papier wat bo die tou uitsteek in twee om ore te vorm. Plak ’n tossel op om ’n stert te vorm. Deel die sakkies uit aan die wat nie het nie. 
Meer oor:  Paasbolletjies  |  Eiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.