Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Pannekoek met of sonder Turkse lekkers

’n Maklike meng-net-en-bak beslag wat nie ’n staantyd nodig het nie. Stukkies Turkse lekkers in sjokolade word in die pannekoek gevou, en smelt sodat jy die rose kan ruik. Tem die soet met crème fraiche of met suurlemoen.

Pannekoek met Turkse lekkers. Foto: Ian du Toit
Wat jy benodig:

  • 2 eiers
  • 500 ml meel
  • 500 ml water
  • 60 ml olie
  • 5 ml sout
  • 30 ml wit asyn
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 druppels rooswater (opsioneel)
  • Olie vir die pan

Bediening:

  • Turkse lekkers in sjokolade, opgesny
  • crème fraiche
  • kaneelsuiker
  • suurlemoenwiggies

Maak dan so:

Klits die eiers in ’n groot mengbak. Sif die meel en sout saam, en voeg dit saam met die water by die eiers.

Klits goed. Klits die olie en asyn by en klits laaste die bakpoeier by.

Verhit die pan eers voor jy die olie byvoeg. Bak die pannekoeke.

Strooi kaneelsuiker oor of vou stukkies Turkse lekkers in by die warm pannekoek.

Vou in waaiervorm of rol op.

Meer oor:  Pannekoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.