Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Pap as ‘chicken puffs’ ’n wenner

Met twee Engelssprekende kleinkinders van Barberton in Mpumalanga wat die staat van inperking by hul ouma op die plaas in die Noord-Kaap deurbring, moet Kokkie York kreatief dink om die magies vol te hou.

Veral omdat die sesjarige Marley ’n bietjie “fiemies” het, volgens haar ouma. Die kleinding wil glo net hoender eet.

Eli (5), Kokkie (62) en Marley (6) York in die plaaskombuis naby Lime Acres in die Noord-Kaap.

“Toe daar elke oggend ’n halwe pot pap oorbly omdat die stadsjapies nie regtig mieliepap ken nie, moes Ouma ’n plan maak om nie kos te mors nie. So word die pampoenpoffer-reseppie toe sommer ook vir die oorskietpap gebruik,” vertel York.

Sy sê aanvanklik het Marley haar neus opgetrek, maar ’n boer(vrou) maak ’n plan en York het vir Marley oortuig deur te sê: “But it’s chicken puffs.”

En daar het die “Corona Chicken Puffs”, soos York dit noem, ontstaan.

“En nou is die chicken puffs sonder chicken ’n gunsteling by almal en bly daar selde iets oor tot die aand.”

Die resep is heel eenvoudig: twee tot drie koppies gaar mieliepap, twee eiers, twee koppies koekmeel, drie teelepels bakpoeier, een teelepel Aromat en olie om dit in te bak.

Meng alles saam, maak die olie warm en bak lepelsvol tot dit goudbruin is. En siedaar, 24 poffertjies as ligte ete of bykos.

Dit is een van die inskrywings vir Beeld se kookboek-kompetisie. Jy kan ook inskryf deur jou resep, ’n aksie-kombuis-foto van jou en ’n staaltjie oor die resep na kompetisie@beeld.co.za te e-pos.

Wie weet, dalk beland jou resep in die kookboek, Komkommertyd, en dalk wen jy selfs ’n lekker kontantprys.

Die kategorieë is as volg: ligte etes, bykos, vleis, vis, wildsvleis, hoender, gebak, braai, nagereg en drankies.

  • Die volledige bepalings en voorwaardes is op Beeld se Facebook-blad en inskrywings sluit op 1 Julie. Alle kwarantynkokke word genooi om in te skryf. 
Meer oor:  Komkommertyd  |  Kookboek-Kompetisie  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.