Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Prestigereeks wyn dra gesag

Die wynmakers van Durbanville Hills het onlangs ’n splinternuwe prestige-reeks, die Collectors Reserve, bekend gestel wat wynversamelaars opgewonde sal maak.

Elke etiket het ’n unieke ontwerp deur die kunstenaar Theo Paul Vorster.

Die reeks is geïnspireer deur Kaapstad se energie en kreatiwiteit en die wyn is slim afgerond met baie unieke etikette wat spesiaal deur die bekende kunstenaar Theo Paul Vorster geskilder is. Vorster het ’n prominente landmerk in Kaapstad saam met elke wynsoort gepaar – die meeste landmerke is sigbaar van die wynmakery af.

Volgens Martin Moore, keldermeester by Durbanville Hills, het hulle nog geen ander reeks soos dié voorheen bekendgestel nie.

Die reeks bestaan uit The Cape Mist Sauvignon Blanc, The Cape Garden Chenin Blanc, The Cableway Chardonnay, The Lighthouse Merlot, The Promenade Pinotage, The Castle of Good Hope Cabernet Sauvignon en The High Noon Shiraz.

Vir nader inligting, besoek www.durbanvillehills.co.za.

Meer oor:  Wyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.