Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Proepakkies vir wyne maak soek baie geriefliker

Omdat daar mense is wat nog nie wil of kan reis nie, het Highlands Road Wine Estate besluit om die wynproe na jou huis te bring.

Dié landgoed in Elgin het ’n blink idee gehad om taste tubes te maak wat jy in die gemak van jou eie huis kan proe en sodoende jou gunstelingwyn van die plaas te vind.

Hulle proepakkie bestaan uit agt 100 ml-botteltjies wat verskillende wyne van die plaas bevat.

Daarmee saam kry jy dan ’n R100-afslagkode vir wanneer jy ná die tyd besluit om jou gunstelingwyn van die agt te koop. Op hul webtuiste sal jy dan ’n video kry met meer inligting, gevolg deur ’n proe van die wyne deur die eienaar, Michael White, en die wynmaker, Vanessa Mead.

Highlands Road se nuwe “taste tubes” bring die wynproe na jou huis toe. Foto: Suzaan Potgieter

Daar is ook proenotas wat jy kan lees.

Jy kry dus die wyn én kennis van die wynmaker (soos wanneer jy ’n proe op die plaas doen), maar jy hoef nie na die landgoed te gaan om dit te geniet nie.

  • Die taste tubes kan aanlyn op www.highlandsroadestate.co.za onder “shop” bestel word en kos R150. Dit sluit die agt proewyne en ’n koopkoepon in.
Meer oor:  Wyn  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.