Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Pruttende potte vol lekkerte

Laat die potte prut is ’n boek gemik op potjiekosliefhebbers en aanhangers van Via se gelyknamige televisieprogram. Dié boek het meer as 80 smullekker resepte deur sekere van die program se wenspanne. Daar is resepte vir alles van gesinskos tot spoggerige onthaalkos – alles oor die kole in ’n pot!

Piet Marais en Frik Oosthuizen is die manne agter die potte.

Die aanbieders, Piet Marais en Frik Oosthuizen, vertel ’n bietjie meer oor die boek:

Wat het julle die meeste daarvan geniet om die boek saam te stel?

Dit was heerlik om weer deur al die resepte te gaan en die kookwerk en foto’s van alles te sien. Ek en Frik het dit ook nogal geniet om ons resepte aanmekaar te slaan waar die kookwerk so ’n klein bietjie meer tegnies is.

Wat was die grootste uitdaging?

Tyd is altyd ons grootste uitdaging. Buiten die program bestuur ek en Frik Santa Anna’s (Mexikaanse kosprodukte) en nuwe produkontwikkeling en ’n stewige groeifase in verkope het ons in die laaste paar maande besig gehou.

Ons het ook ons spysenieringsonderneming groter gemaak en ons maak reg vir die seisoen. Gelukkig het die deelnemers en uitgewers die meeste van die werk gedoen.

Wat is julle drie topwenke vir die perfekte pot?

Kies die regte hoofbestanddeel, gebruik jou tyd en hou die bestanddele so natuurlik as moontlik.

Laat die potte prutword deur Human & Rousseau uitgegee en is in boekwinkels beskikbaar teen R265.

Meer oor:  Frik Oosthuizen  |  Piet Marais  |  Karla Janse Van Vuuren  |  Resepte  |  Kookboek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.