Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Radisson nét reg vir jou

Die Radisson Blu Hotel & Residence in Kaapstad het hierdie winter gewys dat dit glad nie onaangenaam is om die koue dae daar deur te bring nie.

Eers was daar winterskemerkelkies wat besoekers verras het en nou is daar Kersfees-in-Augustus-skemerkelkies.

Die Ghibli Bar by die Radisson Blu Hotel & Residence is ’n kuierplek vir elke aand van die week.

Hierdie drankies sluit in ’n Reindeer Mary – ’n klassieke Bloody Mary gemaak met Tito’s-vodka – en die Cinnamon Cake, ’n romerige drankie met kaneel en jenewer. Dit kos tussen R65 en R75 een.

Hierdie drankies word in die Ghibli Pool Bar bedien, waar jy ook kan peusel aan pizzas terwyl jy kuier.

Verder kom maak ’n platejoggie gereeld musiek en verskeie spesiale aanbiedinge is aan die orde van die dag.

Hou die Facebook-blad Radisson Blu Hotel & Residence Cape Town dop vir enige geleenthede.

Daar is ook gereeld buffetaandetes en die hotel bied steeds een van die beste buffetontbytervarings in die stad.

Met soveel keuses sal jy nie weet waar om te vat en los nie en meer as tevrede en versadig daar uitloop.

Die nuwe Sondagmiddagete met jazz is ook ’n heerlike geleentheid om jou naweek mee af te sluit.

Jy kan smul aan al die lekkernye wat die hotel se restaurant bied terwyl jy luister na jazzmusiek­vermaak deur kunstenaars. Dit vind elke Sondag van 13:00 tot 16:00 plaas en kos R225 per persoon, met ’n glas vonkelwyn ingesluit.

  • Bespreek: 021 467 4000 en bookings.capetown.residence@radissonblu.com.
Meer oor:  Kaapstad  |  Restaurante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.