Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
RESEP: 2 maniere vir masala-hoender

In VIA se kosprogram Heerlik halaal kook en kuier die susters Gadija Gamieldien en Mymoena Bey by vriende om die kosjuwele van die halaalkombuis te verken.

In dié episode: Gadija en Mymoena moet kophou in die georganiseerde chaos van die Instagram-kospersoonlikheid Fehmz se kombuis wanneer dié jolige kok 'n masala-hoendergereg maak.

Masala-hoender op 2 maniere

Maak die marinademengsel deur alles saam in ’n bak te meng

x
x

Bestanddele

  • 2 eetlepels fyngekapte knoffel
  • 2 eetlepels fyngekapte gemmer
  • 2 eetlepel fyngekapte brandrissies
  • 3 eetlepels gebraaide uie
  • sout en peper na smaak
  • 1 eetlepel tamatiesous
  • 1 teelepel mosterd
  • 1/2 teelepel brandrissiepoeier
  • 1/2 teelepel borrie
  • 1/2 teelepel heel komyn
  • suurlemoensap van 2 suurlemoene
x

Metode

Hou 2 eetlepels van die marinade apart, en meng die res deur die hoenderstukke. Laat dit vir 30 minute staan.

Manier 1: Hoender op die stoof:

x

1. Gooi olie, 3 groen brandrissies en die oorblywende marinade in ’n pot en kook vir ’n paar minute.

2. Voeg die hoender by en kook tot dit gaar is.

3. Bedien met bietjie vars koljander.

Manier 2: Hoender in die oond:

x

1. Sit die gemarineerde hoender met bietjie olie in ’n oondbak, maak toe met foelie en bak teen 180 °C vir 30 minute.

2. Haal die foelie af en sit dit vir ’n paar minute onder die rooster.

3. Bedien die hoender saam met bykosse soos gebakte aartappels, pampoen en uieringe.

  • Nuwe episodes van Heerlik halaal wys elke Donderdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

Meer oor:  Resepte  |  Via  |  Heerlik Halaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.